Al hoe meer studente misbruik Ritalin – studie

2016-06-23 06:00

AL hoe meer studente gebruik Ritalin om hulle te help konsentreer, veral tydens eksamens.

Dit blyk uit ’n onafhanklike studie wat dr. Chris Verster, ’n psigiater van die Lentegeur-hospitaal in Mitchells Plain, onder voorgraadse studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) gedoen het.

Tussen 10% en 20% van die studente wat deelgeneem het, gebruik Ritalin of het dit al gebruik. Die neiging is nie uniek aan Suid-Afrikaanse universiteite nie.

In byvoorbeeld Amerika was die resultate soortgelyk, het ­Verster op die radiostasie Metro FM gesê. “Dit is iets wat wêreldwyd en baie jare reeds voorkom.”

Ritalin word algemeen aan kinders voorgeskryf vir die behandeling van aandaggebrek-hiperaktiwiteitsteuring (AGHS).

“Ek dink die gebruik van die medikasie kan toegeskryf word aan die akademiese druk waaronder studente soms is.” Verster het gesê Ritalin behoort nie vryelik beskikbaar te wees nie. “Dit kan slegs met ’n voorskrif van ’n dokter verkry word.

“Pasiënte kan ook net ’n maand se voorraad op ’n slag kry.”

Dit wil voorkom asof daar ’n swartmark is vir Ritalin en dat studente met ’n voorskrif die pille aan ander studente verkoop, het hy gesê.

Volgens die US se kampus-gesondheidsdienste neem die gebruik van Ritalin gewoonlik in die eksamentyd toe.

Studente word ook na ’n psigiater verwys om die diagnose te bevestig.

Dr. Pierre Viviers, senior direkteur van die kampus-gesondheidsdienste, het gesê daar word sterk daarop gefokus om studente oor Ritalin in te lig.

Dit kan tot angs en verslawing lei

Mense wat reeds ’n geskiedenis van dwelmmisbruik het, het ’n groter kans om aan Ritalin verslaaf te raak as dit verkeerd gebruik word.

Dit is wel ’n betreklik veilige medisyne wanneer dit aan die toepaslike mense voorgeskryf word. Van die newe-effekte sluit in: angs, slapeloosheid, anoreksie, ’n gebrek aan eetlus en hartprobleme.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.