Anton - Afrikaner in Yankee-land

2017-01-19 06:02
Anton Gericke.   Foto: VERSKAF

Anton Gericke. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HY is stil en beskeie, maar skerp soos ’n naald – hierdie Afrikaner-seun wat gedroom het van sukses anderkant die Atlantiese Oseaan, en later besluit het drome is eintlik maar net drome.

Anton Gericke het aan die Hoërskool Outeniqua in George gematrikuleer en toe aan die Universiteit van Port Elizabeth (tans NMMU) ’n BSc-graad met Chemie en Polimeerwetenskap as hoofvakke behaal. Die SANW het, soos vir alle destydse jongmanne, hom vir die leër nadergehark, en ná sy basies en grensdiens, hom aangewend in ’n geheime spesialis-eenheid. Toe werk hy, georden soos hy is, vir 29 jaar as chemikus vir General Tyre.

Dat hy ’n fast mover kan wees, blyk uit sy huwelik met Karin Henning binne ’n kort rukkie na hulle ontmoeting. “Hoekom nié” wil hy weet, “as jy kry wat jy gesoek het?” Maar dis eintlik deel van sy lewensfilosofie: as die snoekerballe op die tafel reg lê, laat die wit bal loop. ’n Seun is uit die huwelik gebore.

Met al hierdie preliminêre dingetjies agter die rug, het hy toe vir tien jaar deelgeneem aan die Green Card Lottery – ’n Amerikaanse inisiatief waarvolgens jy eindelik gekies kan word om in die VSA werk te kry. Sy droom om die wêreld daar te verken, het in 2010 waar geword en hulle het in 2011 na die VSA vertrek. Na 10 maande se aanvanklike hotel- en gastehuis-lewe, het hulle van Tracy (California) na Manteca verhuis en hul eie huis aangeskaf.

Die kultuuraanpassing was nie te erg nie. Die Yanks is baie soos Suid-Afrika se mense – net baie anders! Rariteite was die Amerikaners se goeie salarisse en hoë le-wenspeil; hulle ongehoorsaamheid aan verkeersreëls (soos hier by ons, sê Anton); die polisie wat baie makliker skiet as hier; baie soetvleis en -biltong; anderste vakansiedae, soos Independence Day, Thanksgiving, Memorial Day, en reuse Kersfeeste. Hy moes noodwendig die vreeslike Amerikaanse drawl aanleer, anders verstaan hulle jou nie.

Hy reken mediese fondse bedryf ’n skaamtelose geldmakery en daar is reeds (met Trump kwalik in die warm stoel) ’n poging om Obama-care (waarvolgens ook die minder gegoedes toegang tot goeie mediese dienste mag geniet) geskrap te kry. Hoe groter die mediese winste, hoe beter. Bepaald nie ’n welsynstaat nie!

Die “we do things the big way” blyk uit fabelagtige plesierplekke: Disney World in Orlando, en Disneyland in Los Angeles; die baie interessante Walt Disney-museum in San Francisco. Besienswaardighede sluit in die Siërra Nevada-berge, die Yosemite en Yellowstone Nasionale Parke, die Grand Canyon, Niagara Watervalle en die Old Faithful geiser, om nie eens van die Kennedy Space Centre en die Ames Navorsingsentrum (aërodinamika) te praat nie. Hulle kon in hulle verblyftyd daar slegs nege van die vyftig state besoek. Anton reken as jy teen ’n baie blitsige pas reis en nét vakansie hou, dit jou twee jaar en meer kan neem om werklik die vele asemwegslaan-besienswaardighede te besoek.

Maar drome en werklikheid bots soms – ook maar ten goede, want dit hou jou voete op die aarde. So het ook die toenemende stres van vergrotende nywerhede, asook hul liefde vir en verantwoordelikheid teenoor Karin se suster in Suid-Afrika, hulle laat besef dat hulle hul droom vervul het. En toe hulle terugkeer na Suid-Afrika, was hier weer nuwe drome: familiebande, geestelike waardes; hul hartand – na jare van werk en bymekaarmaak.

En, anders as wat Leslie Chateris se Saint gesê het, is die lewe meer as “a bowl of berries.” Jy kan ook gló – en soos ’n “King’s Kid” leef.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.