Atletiek hardloop in die gene

2016-03-17 06:00
Drie Noordwesters - Dries, Andrya en Janine Joubert - het die afgelope week vir ’n paar dae in Jeffreysbaai vertoef, omdat die dogter van die gesin aan die SA-atletiekkam- pioenskappe deelgeneem het.       Foto: JANNIE HOUGH

Drie Noordwesters - Dries, Andrya en Janine Joubert - het die afgelope week vir ’n paar dae in Jeffreysbaai vertoef, omdat die dogter van die gesin aan die SA-atletiekkam- pioenskappe deelgeneem het. Foto: JANNIE HOUGH

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DRIE Noordwesters het die afgelope week vir ’n paar dae in Jeffreysbaai vertoef, omdat die jong dogter van die ge-sin in die SA-atletiekkampioenskappe in Port Elizabeth kom deelneem.

Atletiek vloei nie stadig in die vroulike lede van dié familie se bloed nie - dit hardloop blitsig. Andrya Joubert (11) van die Laerskool Rustenburg het, fyntjies gebou en al, reeds in 2015 skoonskip gemaak van gewigstoot in haar ouderdomsgroep en in dieselfde jaar Noordwes-kleure verwerf. Daarna het SA-kleure gevolg. In 2016 het sy as o.11-deelnemer alle skool- en Noordwes-byeenkomste oorheers.

Tydens die SA Skole-atletiekbyeenkoms in Port Elizabeth Vrydag, het sy negende beste in die laerskole-afdeling ge-ëindig.

Haar ma, Janine, staan nie agter in die atletiekry nie. Sy het in die grade begin hardloop, eers die 60 en 80 meter, en van gr 8 - 12 die 100 en 200 meter. Van die begin af het sy NW-kleure gekry, vir die eerste keer in 1981 SA-kleure, en in gr 8 erekleure, omdat sy drie jaar namekaar in die SA-naellope deelgeneem het. Sy het elke jaar tot in ma- triek in die SA’s uitgeblink. Deesdae hou sy haar spiere in die gim soepel.

Ook Janine se moeder, Koepie Niemand, het tot in gr 11 W-Tvl. en SA-kleure in hekkies losgehardloop.

Die trotse vader van die gesin, Dries Joubert, wat B.Sc. op Pukke voltooi het en sedertdien boer en sakeman in Noordwes is, is ’n oud-rugby- en veral vlugbalspeler. Hul seun volg tans in Pa se Puk-voetspore.

Die gesin boer in Rustenburg en Swartruggens.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.