Baviaans wil met water boer

2017-03-30 06:02
Oplossings word ontwikkel vir die kwynende waterbronne van die boerderygedeelte wat oor 70km in die Baviaanskloof strek. Een is om met gehalte-watervoorsiening te boer, sê Pieter Kruger.                                                     Foto:MONIQUE BASSON

Oplossings word ontwikkel vir die kwynende waterbronne van die boerderygedeelte wat oor 70km in die Baviaanskloof strek. Een is om met gehalte-watervoorsiening te boer, sê Pieter Kruger. Foto:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

AS daar te min water vir almal is om lonend te kan boer, moeth ulle maar eerder met hoë gehalte envolhoubare watervoorsiening boer.

Dít, in ’n neutedop, is van die planne wat nou in die oudste boerderygedeelte van die Baviaanskloof bedink word om die 12 boere se waterpenarie in ’n moontlike geleentheid om te skep.

Reënval het die afgelope paar jaar drasties in dié gebied afgeneem, die ondergrondse waterbronne is byna uitgeput én die meeste vleilande (wat as waterspens water bly vrystel) is ook al vernietig.

Met dít in ag genome mag dit oorambisieus klink om met watervoorsiening te wil boer, maar volgens Pieter Kruger, ’n boer in die Baviaanskloof, lê die geheim in 1998 se waterwet. Dit bevat twee baie belangrike bepalings vir die Baviaanskloof-boere:

  • Dat diegene wat wel gebruiksreg van water het, dit aan ’n ander kan verkoop, en
  • Dat diegene wat die ekosisteme in ’n bepaalde opvangsgebied só bestuur dat hoëgehalte water maksimaal kan vloei na die gebiede waar dit nodig is, daarvoor vergoed kan word.

Inligting wat kan bydra tot die implemen-tering van die waterwet binne die Baviaanskloof- Kougagebied, word reeds deur die siviele raadgewende ingenieurs Jeffares & Green in opdrag van die Waternavorsingsraad gedoen.

Die uiteindelike doel is die totstandkoming van opvangsgebiedekomitees.

Die Baviaanskloof-boerderygebied en sy naasgeleë Wildernisgebied is ’n belangrike deel van die opvangsgebied van die Kougadam, wat op sy beurt weer water aan dieboere in die Gamtoosvallei en die Nelson Mandela Metropool verskaf.

“Die voordele wat die Baviaanskloof-rehabilitasie vir die Kougadam inhou, is onder meer verminderde slikinhoud van water wat die dam invloei, verbeterde watergehalte en effektiewe vloedbeheer,” het Kruger gesê.

Dié ekstra water sal baie welkom wees in die Gamtoosvallei aan die ander kant van die Kougadam, waar intense verbouing van si-trus, vrugte en groente is en die boere baie afhanklik van besproeiingswater is. Tog lyk dit asof dingekan lol as die boere besluit om ook hul waterregte te verkoop.

“Enige ekstra water wat ons vir die boere van die Gamtoosvallei kan koop, sal onderhandelbaar wees en ek is seker Port Elizabeth sal dieselfde sê. Die groot ding is net: die hoeveelheid water wat deur hierdie nuwe boerderypraktyk beskikbaar gestel kan word, salmeetbaarmoetwees,” het Pierre Joubert, hoofbestuurder van die Gamtoos-besproeiingsraad op Patensie, uitgewys.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

French Bulldog helps kids with facial differences

Lentil Bean is a french bulldog who was born with a severe cleft nose, lip and palate.

 
 

Paws

Weird things dogs do
Makeover saves dog’s life
For the love of Corgis!
Can we communicate with our pets?
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.