Beetle in sy bloed en nostalgie deur die are

2016-11-10 06:00
Otto Fourie (77) van Astonbaai is die trotse eienaar van ’n 1967 Volkswagen 1500 Beetle. Alles op die motor is nog soos dit uit die fabriek gekom het.    Foto’s: MONIQUE BASSON

Otto Fourie (77) van Astonbaai is die trotse eienaar van ’n 1967 Volkswagen 1500 Beetle. Alles op die motor is nog soos dit uit die fabriek gekom het. Foto’s: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Ronde lyf, ’n koddige kort enjinkap, blinkgevryfde bykomstighede, plat wieldoppe en dan daardie flankeer-kopligte met lang staal wimpers.

Daar staan sy, vlekkeloos in haar ligblou gewaad.

Ja, die 1967 Volkswagen Beetle 1500 ses silinder - ’n beperkte een-jaar model - is vandag steeds die ikoniese familiemotor sinoniem met goeie herinneringe van vryheid, jeuglike avonture en onvergeetlike ritte: ’n geliefde deel van die familie wat deur die een generasie na die ander gery word.

Die trotse eienaar, Otto Fourie (77) van Astonbaai, delf diep na ’n era toe ‘kewers’ nog volop was.

Hy trek ’n album nader. Blaai rond. “Dié is die oorspronklike koopsertifikaat. Kyk, ’n meneer P.J.J Neveling van Patensie het die motor splinternuut op 23 Oktober 1967 gekoop.” Hy is onseker oor die koopprys. Hy blaai na ’n vergeelde nuusartikel en wys met ’n krom vinger na iewers onder aan die berig. “In 1969 het ’n nuwe Beetle R1 499 gekos.”

Volgens Fourie het die ligblou juweel in sy besit gekom na die eerste eienaar te veel probleme met die jong nooiens en die motor opgetel het. Elke keer wanneer hy ’n nooi na Port Elizabeth neem en by ’n verkeerslig of stopstraat stop, het die een voorwiel viervoetig vasgesteek - en daar sit hulle.

Dalk ’n nasaat van Herbie?

Moeg gesukkel, het hy in 1971 die Beetle by die Tabakkorporasie in Patensie, waaronder die Volkswagen-handelaar geval het, vir ’n nuwe voertuig ingeruil.

Fourie, ’n werknemer by die korporasie, het dadelik sy hart op die motor verloor en het haar op 15 Oktober as die regmatige eienaar huis toe gery. Sy het slegs 29 000 myl op haar klok gehad.

’n Bonus: die agterste sitplek kan platslaan, oorgenoeg slaapplek vir sy twee kinders wanneer hulle die langpad vat.

Die koopprys is ’n groot geheim.

Fourie vertel die motor vas van 1973 tot 1990 by sy pa in Oudtshoorn. “Toe hy nie meer kon bestuur nie, het ek die motor gaan haal.”

Hy beduie dat sy motor in alle opsigte oorspronklik is. Hy stop met praat . . . haal ’n paar klippies uit die bande . . . en vertel dan verder. “Die motor is nog presies dieselfde kleur as waarmee sy uit die fabriek gekom het. Selfs die spaarwiel is die oorspronklike kleiner wiel wat knus voor in die kattebak pas. Ek is baie gelukkig dat ek nog nooit ’n pap wiel gehad het nie.”

Al wat hy oor die jare moes vervang, is die gloeilampe van die kopligte.

Die deure maak met ’n sagte klik-geluid oop. Geen harde toeslaan vir dié dame van weleer nie.

Daar is nie eers een roeskol nie. Sy geheim? “Ek gooi een koppie parrafien in die water wanneer ek haar was. En ek spuit al die gleufies gereeld met skoon motorolie.”

Volgens Fourie is die 1500 Beetle uniek in die opsig dat dit met skuifremme voor en plat wieldoppe uitgekom het. Die enjinkap verskil ook van ander modelle.

Fourie ry nog gereeld met sy Beetle. “Maar nie lang afstande nie,” sê hy.

Wat is die vinnigste wat die kilometers al onder haar vier wiele verbyrol het? ’n Indrukwekkende 120km/h op die langpad, sê hy laggend.

Daar is net oor die 75 470 myl op die klok.

’n Nuwe Century Beetle TSI 77kW met sal kopers vandag vanaf R318 900 kos.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.