Beleef die beste by Pabala-wildsplaas

2016-09-01 06:00
Elk van hul vyf losstaande luukse tente bied asemrowende uitsigte oor die ongerepte natuurprag.                                                        Foto’S: VERSKAF

Elk van hul vyf losstaande luukse tente bied asemrowende uitsigte oor die ongerepte natuurprag. Foto’S: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

EK draai van die hoofweg af, volg die kronkelpad verby Loerie.

So 3km verder los die spanning in my skouers finaal op, en die berge se bruin, groen en rooi punte in die verte begin om my ontvou.

Die eienaar van die Pabala-wildsplaas, Wernich Cronje, kom nie my motor tegemoet nie, maar wel die plaas se mak hoenders en hase wat my skewekop aankyk. Cronje se hart is so groot soos die Heer se genade en alle diere is hier welkom en geliefd, soos die mak “township” duiker Impe, maar dit is ’n storie vir ’n ander dag.

Met my kamera, notaboek en pen gereed, klim ek saam met plaasbestuurder Anka van Rooyen (19), in die wildkykvoertuig.

So tussen die vertellinge oor die wildsplaas en die rehabilitasie van wilde diere, vertel Van Rooyen dat Pabala die nuutste toevoeging tot die 280 hektaar-plaas is.

Ons ry tot by die indrukwekkende kampterrein. Elk van hul vyf losstaande, luukse tente met eenvoud, maar elegante dekor, bied asemrowende uitsig oor die ongerepte na- tuurprag. Die kombuis- en badkamergeriewe is van puik gehalte. Pabala bied aan gaste ’n ware bosveld-ervaring nie, asook die gerief van “glamping”. Daar is 24-uur diens beskikbaar op die perseel, met vriendelike perso-neel wat jou met elke versoek sal bystaan.

Daar is 10 staanplekke vir tente en ’n kot-huis vir diegene wat nou eenmaal nie vir selfs ’n spoggerige tent kans sien nie,

Ons ry verby die kampterrein en begin met ’n wye draai huiswaarts keer.

Die son lek-lek aan die rantjies en so saam met die lug se pastelkleure, kry die bossies en klipkoppies kleur in hul wange. In die verte draf ’n trop blouwildebeeste verby.

Saans kan jy op jou “stoep” sit en sterre kyk.

Vier staproetes van tussen 500m en 2km, kry die litte los, of laat jou daardie oordadige middagete afstap. Die roetes neem stappers deur bosse, verby yslike bome tot hoog op koppies wat oor die plaas waghou.

Die span by Pabala beplan ’n boskombuis vir die nabye toekoms. Hier kan besoekers onder die sterre na hartelus aan geurige potjiekos en tuisgemaakte brood smul. Dit is die ideale plek vir familietyd of lekker kuier saam met vriende of kollegas.

Pabala, geleë langs die berge tussen Loerie en Hankey op die pad na die Baviaanskloof, bied jou ’n onvergeetlike wegbreek in die skone Kouga. Vlug weg van die gejaagde stads-lewe en omring jouself met wild, soos blouwildebeeste, wit en bruin blesbokke, saalrug-blesbokke, rooibokke, koedoes, blesbokke, duikers, njalas, en ’n magdom voëlspesies.

Ritte in die bos, staproetes, sterrekyk en ’n boskombuis is slegs enkele van die aktiwi-teite hier.

Pabala-wildsplaas bied ’n uitsonderlike strand-tot-bos ervaring - ’n onvergeetlike be-stemming waar liggaam en siel verkwik word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.