Bergfietsmarathon is g’n moeilik vir die 70-jarige ryer

2016-08-18 06:00
Pieter Cloete (70), Ted Groenewald (56) en Berrie van der Westhuizen (62) van Jeffreysbaai neem Saterdag aan die moeder van alle eendag-marathons deel - die 24-uur Trans Baviaans bergfiets-wedren.                                                  Foto: VERSKAF

Pieter Cloete (70), Ted Groenewald (56) en Berrie van der Westhuizen (62) van Jeffreysbaai neem Saterdag aan die moeder van alle eendag-marathons deel - die 24-uur Trans Baviaans bergfiets-wedren. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

OP 70 is Pieter Cloete van Jeffreysbaai die oudste man wat die Trans Baviaans-bergfiets-marathon vanjaar sal aandurf.

Cloete wat Saterdag vir die vierde keer deelneem, spandeer ’n minimim van 10 ure per week op die saal van sy ysterperd ter voorbereiding van die moeder van alle een-dagmarathons.

Kort op die atleet se ‘ouderdomhakke’ is sy spanmaat Berrie van der Westhuizen (62). Ted Groenewald (56), prokureur en eienaar van Hancke Eiendomme in Jeffreysbaai, voltooi die driemanskap. Dié twee spanmaats het al twee keer hul fietsspeke deur die Baviaans laat sing.

Op hul ‘jeugdige’ ouderdom is die drie vriende die mees senior span om aan die uitmergelende 24 uur-wedren deel te neem. Maar, volgens hulle, is ouderdom slegs ’n ge-tal.

Volgens Cloete is dit hul mikpunt om die wedren in 16 ure te voltooi - ’n verbetering van een uur op hul tyd van verlede jaar.

“Ons het verlede jaar verskeie ekstra uitdagings en vertragings op die roete gehad. By-voorbeeld, die pad in die kloof was baie nat en glyerig.”

Om te verseker dat hulle goed voorbereid is, spandeer die driemanskap sedert Mei ’n minimum van 10 ure per week in die saal. Die grondpaaie en berge in Patensie, Kaap St. Francis, Oesterbaai en Humansdorp is goed platgery.

Spaar fietsonderdele, warm klere en vitamien aanvullings vorm ’n onontbeerlike deel van hul artillerie op die dag van die wedren.

Volgens Cloete is een van die grootste uitdagings om fiks genoeg te wees om 24 uur met ’n bergfiets deur moeilike terrein te ry. “Dan is daar ook die donkerte. Verlede jaar het baie deelnemers se ligte nie enduit gehou nie en moes vier of drie fietsryers een lig deel om teen die bergpasse op of af te ry.”

Wat is dit van die Trans Baviaans wat hulle so bekoor? “Die wonderlike natuurskoon, sonder twyfel,” sê Cloete. “Dan ook die uitdaging wat dit aan jou as deelnemer stel ten opsigte van jou uithouvermoë - die roete is of opdraande of afdraande. As dit baie gereën het, ry deelnemers deur nagenoeg 68 waterstrome, en as dit droog is deur so min as ses.”

Cloete, wat op die ouderdom van 44 vir die eerste keer begin fietsry het, het in Maart vanjaar sy 24ste agtereenvolgende 108km Cape Argus fietstoer voltooi. Van der Westhuizen en Groenewald wat op die ouderdom van 45 deur die fietsry-gogga gebyt is, spog elk met 14 en 10 Cape Argus fietstoere.

Die manne gaan nie ophou om die Baviaans te tem voor hulle nie hul Baviaans-skild verwerf het nie. Om die trotse eienaar van die gesogte skild te raak, moet fietsryers die Trans Baviaans vyf keer suksesvol voltooi.

“Fietsry is een van die min uitdagende sportsoorte wat jy kan beoefen, ongeag jou ouderdom,” sê Cloete.

Watter raad het hulle vir fietsryers wat die Trans Baviaans vir die eerste keer wil aandurf?

“Fietsryers moet bereid wees om hard te oefen - winter of somer - hulle moet tonne selfdissipline en pligsgetrouheid aan die dag lê, en dan die belangrikste, hulle moet onthou dat dit ’n spanpoging is.”

  • Die eerste been van die Trans Baviaans het verlede Saterdag plaasgevind. Die tweede been van die wedren vind op 20 Augustus plaas wanneer fietsryers Willomore om 10:00 verlaat en op 21 Augustus by Fountains Mall die eindstreep oorsteek.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/Sport

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.