Berou - Herfsgepsrek oor dinge uit die argiewe

2016-04-28 06:00

SO gesels Jekyll-en-Hyde onlangs wéér oor dieselfde seermaakgoed.

Dié twee: saam gebore, geskool, ge-varsity. Tans sulke vriend-vyand kennisse, twee ui-terstes.

“Onthou jy nog vir Miemie?” vra Jekyll gemaak-onskuldig. ’n Dofheid skuif voor Hyde se oë in: “Miemie – Miemie?” Sy sluheid laat altyd sy gedagtes hakkel. Nee, gits, hy onthou nie ’n M-Miemie nie. Maar Jekyll onthou haar – die seer lê vanaand net só vlak. Die musiek wat speel, het ’n manier om ou geliefdes op te rakel en hartelose lirieke te laat lewe: To all the girls I loved before, who travelled in and out my door: I’m glad you came along ..... Is hyself regtig bly, wonder Jekyll. Sommige legkaartstukkies is dof, maar ander klou verbete.

Louise was ’n eerstejaartjie, Jekyll ’n grinterige oumeneer. Vóór daardie somerdae het ’n boer van haar kontrei al van skooltyd af by haar vlerkgesleep. Die verlede was te sterk – altyd die magiese band – en die huidige te onseker en growwerig. Jekyll het gegryp wat hy kon, en sy is terug na haar boertjie se arms. Érens op ’n plaas bak sy dalk nou nog brood en karring sy melk. Hyde onderbreek sy ge-dagtes spottend met skindernuus op Facebook: ’n moedswillige rukwind het glo haar sluier onsag oopgewaai. “Faint heart never won fair lady,” kwoteer Hyde beskuldigend.

Jekyll sluit sy oë. Wat het geword van Louise?

Flenters name dwarrel uit die verlede – Louis, Miemie, René, Olga, Clarissa. Digterlike name uit trotse pappa- en mamma-harte vir hulle porseleinpoppies. En toe verskyn ’n ou soos Jekyll in hul lewens – met die verra-derlike Hyde altyd digby. “René” karring Hyde nou selfregverdig, “was nie ’n sleg vangs nie. En Ursula...wow! Maar jy...” Jekyll blits terug: “Nie ék nie...jý Het Altyd Alles Besoedel!” Hyde grinnik: “Sure, blame it on me. Jy is mos die squeaky clean ... En klein Miemie het na varsity net so fyntjies en oulik gebly en met ’n prof. afgehaak. Ook maar goed jy het nie met háár aangegaan nie.” Duiwelsadvokaat!

Hyde por genadeloos: “Jy weet mos Olga het ná haar – e – interlude tóg haar medies voltooi en met ’n obstetrikus getrou.” Hy lag onbe-skof: “Regte twee bymekaar.” Jekyll gluur hom aan. Hy sien weer hoe Olga se hartseer lippe bewe: “Hou op met jou verskonings, Je-kyll. Enige ou kan soos jy wees as hy wil. Party wil net nie.”

Die Nelson-Iglesias duo klink nou ydel en betekenisloos: “To every girl who filled my life, who now is someone else’s wife .... I dedicate this song.” Jekyll staan op: “Hoe gemeen!” sê hy. “Someone else’s wife!” Hy begin wegstap van Hyde af: “Wat het my besiel!” Maar Hyde koggel: “Chill dude, ons lewe in ’n verligte tyd.”

Jekyll kners. Die selfverwyt begin te pla. Wat het geword van René? Van Miemie? Wat het geword van Clarissa?

Hy draai doelbewus sy rug op Hyde en gaan grawe hul foto’s uit waar hy dit gebêre het. Gooi een vir een in die kaggelvuur – sien hoe die bekende gesigte opkrul en swart brand. Hyde staan eenkant en tier, maar in Jekyll het ’n warmte kom lê.

Wat hét geword van Ursula?

Hy skud sy kop meewarig. Hyde se rasperstem wat ál die nare dinge goedgepraat het en al die mooi sleg, word stil.

Vir die eerste maal voel Jekyll vry.

  • (Met agting vir Robert Louis Stevenson wat mense se nare spieëlbeeld ontbloot het, en vir Peter Blum, daardie groot woordkunstenaar.)

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.