‘Bloeddiens red my lewe ná gru-ongeluk’

2016-11-17 06:00
Johannes Abbott (36) vertel hoe die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens sy lewe gered het nadat hy in Mei in ’n grusame ongeluk was. Dié ongeluk het hom sy regterarm en -been gekos. Foto: VERSKAF

Johannes Abbott (36) vertel hoe die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens sy lewe gered het nadat hy in Mei in ’n grusame ongeluk was. Dié ongeluk het hom sy regterarm en -been gekos. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TOE hy in Mei ná ’n grusame motorongeluk buite Port Elizabeth na die hospitaal gehaas is, het hy net 8% van sy bloed in sy liggaam oorgehad. As dit nie vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) was nie, sou dít die einde van sy verhaal gewees het.

So het Johannes Abbott (36) verlede Donderdag vertel op ’n ontbyt wat deur SANBD in dié stad aangebied is.

Abbott, wat sy regterarm en -been in die ongeluk verloor het, moes oor ’n tydperk van vyf maande gereelde bloedoortappings ontvang terwyl hy talle operasies moes ondergaan.

“Wat met my gebeur het, kan met enigeen gebeur,” sê Abbott.

“As dit nie vir die bloeddiens was nie, sou ek nie nou hier kon wees nie.”

Abbott, skepper van die Farmboek-app vir boere, het op 21 Mei van Nampo op Bothaville (waar hy dié app bekend gestel het) teruggekeer na Port Elizabeth toe ’n vragmotor naby Kinkelbos sy bakkie reg van voor getref het. Die impak het onder meer sy arm afgeruk en sy bakkie in die bosse langs die pad laat beland.

Hy het dadelik besluit hy moet weens brandgevaar wegkruip van die wrak, al het hy besef hy is baie, baie ernstig beseer.

“Met my een arm het ek my veiligheidsgordel losgemaak, my sitplek agtertoe geskuif en pad toe begin kruip. Toe sien ek my arm [die een wat afgeruk is in die ongeluk] daar lê en ek wou dit nog optel, maar ek het dit toe maar gelos.”

By die pad aangekom, het vier voertuie by hom verbygery.

Totdat Nandi Poro, ’n opgeleide paramedi-kus, hom gesien en stilgehou het.

“Sy het die nooddienste gebel en die bloeding uit my arm gestop.”

Later by die Netcare Green­acres-hospitaal het Abbott gehoor dat daar enorme interne bloeding in sy maag was omdat sy regterbeen met die impak van die ongeluk so hard getref is dat dit by sy heupbeen die bekkengordel uitmekaargeruk het.

“Op die aand van die ongeluk is ek vol bloed gepomp, maar dit het net so vinnig weer in my maagholte in gebloei. Later was daar byna 21 liter bloed wat in dié holte gelê het.”

Sewe dae lank moes dokters versigtig werk deur bloedplasma en -plaatjies oor te tap wanneer sy bloed te dun raak en dit dan weer verdun wanneer hy dialise vir sy niere moes kry.

“Eers op die 26ste dag in die hospitaal kon ek weer normaal bloei,” sê Abbott.

“Dit het 34 dae gekos net om my in ’n stabiele toestand te kry – en teen dié tyd het my bekkenbeen in die verkeerde posisie begin vasgroei.”

Ná ’n reeks operasies in Kaapstad en 70 eenhede bloed het Abbott vir rehabilitasie gegaan, eers in die Kaap, toe by die Aurora-hospitaal in Port Elizabeth.

“Tóé het die regte werk begin.

“ ’n Rehabilitasiesentrum maak jou oë egter oop, want daar is kinders wat ’n been verloor het en steeds op en af spring en planne maak.”

Vandag is Abbott terug by sy gesin en weer bedrywig en onafhanklik.

“Later dié maand is ek selfs weer terug op die pad – en julle kan uitkyk vir my, ek sal die man met die een hand wees wat op sy sel-foon praat!” sê hy skertsend.

Sodra die ystertellings in sy bloed ook hoër is, sal hy ’n draai by die bloeddiens maak, beloof hy.

“Ek het nooit voorheen bloed geskenk nie, maar noudat ek meer as my deel aan hul bloedvoorraad gehad het, is dit tyd om ’n bietjie bloed terug te gee.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.