‘Boere kry baie min droogtehulp in Oos-Kaap’

2017-03-23 06:02
Douglas Stern.

Douglas Stern.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

ONDANKs al die geld wat volgens die nasionale departement van landbou, bosbou en visserye in die verskillende provinsies vir droogtehulp aangewend is, was droogtehulp aan kommersiële boere in die Oos-Kaap minimaal.

Douglas Stern, president van Agri Oos-Kaap, het Dinsdag so gereageer op ’n verklaring van die departement oor die vordering met die verlening van droogtehulp aan droogtegeteisterde gebiede in agt provinsies.

“Ons is net bewus van sowat 60 bale lusern wat vroeg verlede jaar aan van ons kommersiële boere in die noordoostelike dele van die provinsie oorhandig is. Ek weet nie van enige ander vorms van droogtehulp wat aan kommersiële boere in die Oos-Kaap gegee is nie.

“Van die bystand kon miskien na ons opkomende boere deurgeglip het, maar ek kan dit nie bevestig nie,” sê Stern.

Hy sê voorts dit is kommerwekkend dat die Sarah Baartman-distriksmunisipaliteit nog nie tot rampdroogtegebied verklaar is nie, ondanks dat daar al vroeg verlede jaar daarom aansoek gedoen is.

“Dit is krities droog in daardie gebied, die droogste gebied in die provinsie tans, maar ons organisasie is verwittig dat die departement van water en sanitasie die aansoek teengestaan het. Hoekom, weet ons nie. Dit het, ironies genoeg, tot gevolg dat boere in daardie distrik van die geleentheid ontneem word om om enige vorm van droogtehulp aansoek te doen, soos toegang tot geldelike bystand teen ’n gesubsidieerde rentekoers by die Landbank,” sê Stern.

Volgens Makenosi Maroo, hoofdirekteur van openbare betrekkinge en kommunikasie by die departement van landbou, bosbou en visserye, word vordering gemaak met die verlening van droogtehulp in agt provinsies.

“Hulp is reeds in die Oos-Kaap, die Wes-Kaap en Mpumalanga verleen met die afhandeling van die voorsiening van voerpille, bale lusern en molasse. Die nasionale tesourie het R212 miljoen vir die verkryging van voer beskikbaar gestel.

“Tot op datum is R164 258 209,41 daaraan bestee.”

Maroo voeg by dat plantegroei nou in die meeste van die provinsies heelwat verbeter het weens die goeie reën van die laaste paar weke.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
Travel Dreams? Where would you rather be right now?

Partnered: Whether you're missing family overseas, dreaming of family adventures or romantic hideaways we all have that one place we'd rather be right now - but have you thought about the best way to get there?

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.