Boervrou Kouga se eerste DA-burgemeester

2016-08-25 06:00
Elza van Lingen, die Kouga se nuutverkose burgemeester. Foto: MONIQUE BASSON

Elza van Lingen, die Kouga se nuutverkose burgemeester. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

BOERVROU . . . vrou . . . ma van vier . . . parlementslid . . . en nou burgemeester. Kouga spog met sy eerste vroulike Demokratiese Alliansie (DA) burgemeester, Elza van Lingen, wat optimisties is dat sy ’n belangrike bydrae tot die ontwikkeling van die dorp kan lewer. Monique Basson het meer oor die dinamiese vrou, wat politiek leef en eet, gaan uitvind.

Van Lingen, wat sedert 2000 in Kaap St. Francis woon, het as ’n klein dogtertjie daarvan gedroom om ’n dokter te word - nie vir die aansien, blink sportmotors of geld nie, maar om mense te help.

Vandag doen sy presies dít - sy wy haar daaraan toe om ’n beter lewe en toekoms vir ander te verseker.

Van Lingen het van jongs af ’n passie vir mense en die politiek. Sy wou al as boervrou by die politiek betrokke geraak het, maar wou nie haar drie seuns en dogter alleen laat nie. “Ek het altyd die een of ander gemeenskaporganisiasie ondersteun,” sê sy. “Dit is ook maar goed ek het nie tóé besef hoe stimulerend die politieke wêreld kan wees nie,” sê sy laggend.

Haar eerste tree op die pad van haar suksesvolle politieke loopbaan het begin toe sy in 2000 by die Kaap St. Francis Burgerlikevere-niging aangesluit het.

Van Lingen het vir ses jaar as ’n distrikraadslid gedien, voor sy in 2009 verkies is om in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) te dien. In 2011 en 2014 was sy as die DA-leier in die NRP verkies.

Het sy ooit daarvan gedroom om die burgemeester van ’n dorp te wees?

“Ek kon dit skaars glo toe ek as distriks-raadslid verkies is. Die parlement was ’n hoop. En burgemeester? Nee, ek het nie sover gedink nie!

“Dit is egter ’n groot voorreg. Nou kan ’n mens die DA-beleid toepas en omstandighede hier drasties verander.”

Een van die grootste uitdagings op haar prioriteitslys is effektiewe dienslewering, gevolg deur die skoonmaak en skoonhou van die dorp.

“Dit is van kardinale belang om Kouga skoon te kry én skoon te hou,” sê sy. “Niemand wil in ’n vuil dorp belê of ’n nuwe besigheid begin nie. Ons moet die regte klimaat vir beleggings daarstel, vir die ekonomiese groei van die dorp asook meer en beter werksge-leenthede.”

Voldoende finansies en die hokslaan van korrupsie is hoog op haar prioriteitlys.

“Saam kan ons ’n gesonder en veiliger gemeenskap bewerkstellig,” sê sy.

Volgens Van Lingen, lê ’n paar moeilike maande voor. “Tot die einde van die jaar moet ons almal met die vorige Raad se begroting saamleef, wat baie frustrerend gaan wees. Ons sal derhalwe net op dienslewering kan konsentreer.”

Van Lingen glo dat die DA die Kouga in die volgende vyf jaar in ’n beleggers-paradys kan omskep, en dat werkloosheid en die meegaande maatskaplike probleme ’n duidelike afname sal toon. Hulle sal verder daarna streef om al die ou infrastruktuur te vervang.

Sy beskryf die perfekte Kouga as ’n dorp waar almal handevat en saamstaan om die beste munisipaliteit in die Oos-Kaap te skep - nie net op papier nie, maar waar die kiesers hul tevredenheid met ’n verdere volstrekte meerderheid die DA in die volgende verkiesing ondersteun.

“Kouga is gereed vir ’n opwindende nuwe hoofstuk in sy geskiedenis. Die nuwe Raad sal nie laat slaplê in sy strewe om ’n beter Kouga op die been te bring deur die bou van beter gemeenskappe nie,” sê Van Lingen, wat haar beroep as politikus vir niks in die wêreld sal verruil nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.