Boervrou woeker met geveerde vriende

2017-03-09 11:38
Elize van Greunen (regs) boer al 16 jaar met kwartels by Die Kraaltjie in Joubertina in die Oos-Kaap. Terwyl sy destyds gespook het om kwarteleiers suksesvol in te lê, het sy nooit gedink haar produk sal kettingwinkels se oog vang nie. By Elize is haar getroue werker Pou Smit.

Elize van Greunen (regs) boer al 16 jaar met kwartels by Die Kraaltjie in Joubertina in die Oos-Kaap. Terwyl sy destyds gespook het om kwarteleiers suksesvol in te lê, het sy nooit gedink haar produk sal kettingwinkels se oog vang nie. By Elize is haar getroue werker Pou Smit.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

ELIZE van Greunen (65), eienaar van die bekende padstal Die Kraaltjie net buite Joubertina, glimlag as sy oor haar ge-veerde boerdery praat.

Oor die kwartels waarmee sy boer, vertel Elize dat dit 16 jaar gelede per toeval begin het. Eintlik wou sy en haar man, dr. André van Greunen, werfhoenders aanskaf.

“Tydens ’n besoek aan die LNR op Irene het ons egter van Japanese koningkwartels te hore gekom. Iemand het iets genoem van ’n vrou wat die eiertjies inlê, en dit het dadelik my belangstelling geprikkel,” vertel Elize terwyl sy ingedagte oor die pienk-en-wit geruite tafeldoek vee.

Sy het met slegs 200 eiers begin - waarvan sommige binne weke uitgebroei het. Nie lank daarna nie het die kwartels begin eiers lê.

Hoe nou gemaak?

Hoe nou gemaak? Sy weet niks van kwarteleiers inlê nie en die inligting oor kwarteleiers was daardie tyd skraps. Sy sou haar eie weg moes vind. Maar ’n boervrou maak ’n plan . . . al vat dit etlike maande.

Dit het letterlik twee jaar se proefnemings in haar kombuis gekos om die regte resep te ontdek. En dié bestanddele is ’n familiegeheim wat sy nie wil verklap nie. Al het hoe-veel mense al daarvoor gevra.

“Daar was tye wat ek wou moed opgee, maar my man het my aangemoedig om net nog een keer te probeer . . . en nog ’n keer . . . en nog ’n keer. Ek het baie goed verkeerd gedoen en baie eiers so verloor,” sê sy.

Hy was boonop haar proefkonyn - of is dit nou proefkwartel? Ook maar ’n goeie ding hy is ’n dokter. Elize is allergies vir kwarteleiers en kan nie self haar brousels of wenresep uittoets nie.

“Hy wou telkemale weghardloop wanneer dit ’n groot flop was, maar hy het nooit nie. Hy het altyd teruggekom om nog ’n flop te proe . . . tot die dag wat dit ’n groot sukses was.

Sukses

Sukses het egter nie oornag gekom nie. Dit het lank geduur om ’n mark vir haar niché-pro-duk te vind en die verkope het in die begin stadig gegaan. “Nie almal is seker of die eier-tjies geëet kan word nie.”

Dit was tot een spesiale besoeker aan Die Kraaltjie oor haar pad gestuur is. Na die man, wat aan ’n groot kettingwinkel verbonde is, een oggend ’n kwarteleier vir ontbyt gehad het, het haar besigheid behoorlik vlerke gekry.

Sy het in 2011 ’n volwaardige fabriek en twee geboue met ’n totaal van ses hokke op die plaas opgerig om in die groot aanvraag na kwarteleiers te voorsien.

Elize spog tans met 6 000 kwartels wat elk gemiddeld een eier per dag lê. Die kwartels begin tussen ses en 8 weke eiers lê, en die eiers neem presies 15 dae en 16 ure om uit te broei, vertel Elize.

Die onderneming is ’n merkbare teenwoordigheid in die nasionale mark en haar produk pronk in verskeie kettingwinkels in Suid-Afrika en Namibië.

Elize sê sy verskaf nagenoeg 1 200 bottels kwarteleiers per maand aan dié kettingwinkels. Sy verkoop verder nagenoeg 300 bottels per maand onder haar handelsmerk - Die Kraaltjie. Daar is tussen 21 en 30 eiers in ’n bottel.

Sy verskaf ook kwartelvleis op bestelling aan spesialisrestaurante.

Haar seun, Stéphen, help haar nou met die onderneming wat by die dag uitbrei.

Die proses

Elize vertel die onderneming is baie arbeid-entensief.

“Die eiers, wat uiters kwesbaar is, word met die hand opgetel omdat die voëltjies vry rondloop.”

“Dan word dit na die fabriek geneem waar die eiers gekook, geskil en ingemaak word. Alles word met die hand gedoen.”

Die kuns met kwartelboerdery is om te sorg dat die voëltjies nie aan uiterste temperatuurskommelinge blootgestel word nie. “Die kuikens is uiters gevoelig vir koue en kan binne ’n paar minute verkluim en doodgaan. Ge-noeg kos, goeie higiëne en ventilasie in die hokke is ook belangrik.”

Die onderneming bied werk aan 10 mense wat kan toeneem namate die aanvraag na die lekkerny groei.

Dink sy daaraan om eersdaags haar produk uit te voer? “Beslis nie. Daar moet darem iets vir die nageslag oorbly om te doen.”

Oornaggeriewe

Omdat die Van Greunens nie soos die meeste boere in die omgewing met appels boer nie, is die werkershuise op Die Kraaltjie in oornaggeriewe omskep. Gaste kan in selfsorg-eenhede bly of alle etes by die padstal se restaurant geniet - dit sluit kwarteleiers in. Daar is in totaal 17 eenhede, asook ’n groot plaashuis.

Die Kraaltjie is ook vir konferensies en ont-hale ingerig.

Gevra waaraan sy haar sukses toeskryf, kom die antwoord vinnig dat sy op God vertrou en hard werk. “Sonder die genade van Bo sou ek niks wees nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.