Bou van nuwe skool goed op dreef

2016-04-14 06:00
Die dakke van 21 klaskamers van die Global Leadership Academy (GLA) se nuwe skoolgebou in Jeffreysbaai is reeds voltooi. Die vensters en deure word tans geïnstalleer.        Foto: VERSKAF

Die dakke van 21 klaskamers van die Global Leadership Academy (GLA) se nuwe skoolgebou in Jeffreysbaai is reeds voltooi. Die vensters en deure word tans geïnstalleer. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

NA byna drie jaar se harde werk, is daar ’n groot moontlikheid dat vanjaar se matriekklas die eerstes kan wees om hul eindeksamen in die moderne nuwe skoolgebu te skryf.

Hulle help altemit vanaf gr. 8 om die nodige fondse vir die spoggebou in te samel.

Die nuwe skoolgebou van die Global Lea-dership Academy (GLA) naby Fountains Mall in Jeffreysbaai staan reeds dakhoogte, en die eerste houthuis wink sy inwoners vriendelik nader.

Na jare se harde werk en verskeie fondsinsamelingprojekte, nader Fase 1 van die skoolgebou sy einde. Benewens die R7 miljoen wat reeds in die projek geploeg is - moontlik gemaak deur donasies en skenkings - benodig die skool nog R4 miljoen vóór die fase voltooi kan word.

Volgens Stefan Kleyn van GLA, is die skool se ontwerp op die van ’n winkelsentrum gegrond. “Die huidige skool in Equinox Mall het ons baie van vertoonvensters geleer - dit lewer ’n groot bydrae tot ’n positiewe werkatmosfeer in die klaskamer,” sê Kleyn.

“Die deursigtigheid van die glas word deur onderwysers gebruik as ’n metafoor om die beginsels van integriteit, eerlikheid en ’n onberispelike leefstyl aan leerders oor te dra.

Die eerste fase sluit ’n rugby-, atletiek- en krieketveld in - dus sal die skool vir die eerste keer met sy eie sportgronde spog.

Daar is 21 klaskamers - insluitende volledig-toegeruste Wetenskap en Biologie-laboratoriums, ‘n kafeteria, klerewinkel, ontvangs, administrasiekantore en personeelkamer. Vier byderwetse houthuise sal as verblyf dien vir leerders wat nie van Jeffreysbaai is nie.

Interne en eksterne padwerke en ’n veeldoelige onderdak-saalgebied is ook deel van Fase 1.

Werk, wat nog voltooi moet word, sluit in die aansluiting van water, elektrisiteit en ri-ool wat binne die volgende twee maande sal geskied. Die dak van die kantore, personeel-kamer en saal moet opgerig word, die pad na Fountains Mall gaan opgradeer word en die pawiljoen rondom die sportveld wag ook.

Volgens Kleyn word die volgende drie houthuise se materiaal aan die begin van Junie afgelewer en sal bouwerk in alle erns begin. Een huis is reeds voltooi.

. GLA is ’n geregistreerde nie-winsgewende organisasie wat volkome op skenkings vir die bou van die skool staatmaak. Alle werk wat sedert 25 April 2013 gedoen is - die amptelike sooispit vir die fondasie - is deur verskeie borge moontlik gemaak.

Om met die insameling van die laaste R4 miljoen te help, het GLA verskeie inisiatiewe geloods:

1. ’n Crowd-funding inisiatief. Lees meer hieroor by https://www.generosity.com/education-fundraising/let-s-help-shape-the-future-president-of.

2. Persone of maatskappye kan ’n klaskamer in die naam van ’n sake-onderneming of ge-liefde borg. Dié spesifieke klaskamer sal na die maatskappy of individu vernoem word.

3. Die jaarlikse GLA Trolley Pro.

For more information, contact Stefan Kleyn from GLA at 042 293 3053 or send an email to stefan@gcex.org.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.