Byeboer verpletter oor “Patensie-vloek”

2015-12-03 06:00
Afgetrede byeboer Hendrik Botes by van sy byekorwe wat deur vandale in Patensie aan die brand gesteek is.          Foto’s: NICHOLA UYS

Afgetrede byeboer Hendrik Botes by van sy byekorwe wat deur vandale in Patensie aan die brand gesteek is. Foto’s: NICHOLA UYS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’N bekende byeboer van hier is verpletter na die “Patensie-vloek” weereens toegeslaan het.

Hendrik Botes (79) het minstens R140 000 se skade gely weens ’n groep vandale wat die afgelope drie weke sowat 35 van sy byekorwe in Patensie verbrand of stukkend gegooi het.

Volgens Botes, wat al vanaf sy hoërskool-dae met bye boer, is 27 van sy 32 byekorwe op die een plaas aan die brand gesteek, terwyl nog agt in ’n nabygeleë watersloot gegooi is.

“Die stukkende en verbrande korwe het die wêreld volgelê,” sê ’n platgeslane Botes.

Nichola Uys, ’n Patensie-inwoner wat die skade saam met Botes aanskou het, sê vir Botes is byeboerdery en heuning sy lewe, sy besigheid en sy inkomste. “Verbeel jou sy afgryse toe hy die beskadigde korwe ontdek het. Ek kon sy intense pyn vir die dood van sy bye voel.”

Botes is amper seker dit is van dieselfde groep mense wat al vir die afgelope 20 jaar van sy byekorwe vernietig.

“Hulle werkswyse stem ooreen. Die mense het geen respek vir bye nie. Hoekom hulle dit doen, is onverklaarbaar,” sê Botes. Hy vermoed dat van die heuning gebruik word om karrie, ’n tuisgestookte drank, te maak.

Volgens Botes het hy die voorval by die po-lisie aangemeld.

“Hulle vernielsugtigheid maak dit vir my moeilik om met bye in die Patensie-omgewing te boer. Ons trek regdeur die jaar met ons bye, en dit is net hier waar ons op groot-skaal skade ly,” sê Botes.

“Vir die bedryf beteken dit dat byeboere groot hoeveelhede bye en geld verloor. Dit beteken ook dat Suid-Afrika heelwat minder heuning produseer as wat hy behoort te doen. Verder ly die landboubedryf geweldig hieronder - hoofsaaklik vrugte- en groenteboere wat van bestuiwing afhanklik is.”

Die meerderheid van die wêreld se gewasse is afhanklik van bye vir bestuiwing. Sonder bye sal baie gewasse nie vrug nie, wat nadelig vir die bevolking sal wees.

Botes beoog nou om ’n veldtog van stapel te stuur waar plaaslike kinders en volwassenes oor die noodsaaklikheid van bye inge-lig kan word.

  • Botes se heuning word in Johannesburg onder die handelsmerk Lillte Bee gebottel.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.