Camdeboo-, Baviaans- en Ikwezi-munisipaliteit smelt spoedig saam

2016-01-28 06:00

DIE naamveranderingskomitee van die Sarah Baartman-distriksmunisipaliteit sal na verwagting binnekort vergader om sy jongste munisipaliteit te doop.

Dié stap vorm deel van die planne om die Camdeboo-, Baviaans- en Ikwezi-munisipaliteit saam te smelt in een munisipaliteit.

Openbare vergaderings oor ’n naam vir dié nuwe munisipaliteit het verlede week afgesluit. Verskeie besware is egter op dié vergaderings geopper teen die voorgestelde naam, Karoo Mohair-munisipaliteit, sê Leolynn Smith, munisipale woordvoerder in Camdeboo.

“Altesaam 649 voorstelle is in die drie munisipaliteite gelewer voor die komitee Karoo Mohair gekies het,” sê Smith.

“Die distriksmunisipaliteit het twee reekse vergaderings gehou, sodat inwoners hul terugvoering oor die voorstel kon gee.”

Onder die nuwe naamsvoorstelle wat uit dié vergaderings gespruit het, was Beyers Naudé-munisipaliteit, Ikhala-munisipaliteit en Robert Sobukwe-munisipaliteit.

“Dit blyk dat Beyers Naudé ’n gewilde voorstel is, met vier uit die sewe wyke én drie belanghebbende organisasies wat dié naam verkies. Inwoners meen Naudé is ’n nasionale held wat vir gelyke regte geveg het, en dat dié naam die drie munisipaliteite op politieke vlak sal verenig.”

Al die besware wat gelewer word, sal in ’n verslag aan die distriksmunisipaliteit se naamveranderingskomitee deurgegee word, wat die pad vorentoe op hul volgende vergadering sal beslis. Geen datum is tot dusver vir dié vergadering beskikbaar nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.