Corrie Slabbert neem afskeid

2016-12-01 06:00
Dae voor dae voor haar 86ste verjaardag het Corrie Slabbert van Jeffreysbaai verlede Dinsdag vir haar familie vaarwel gesê. Foto: VERSKAF

Dae voor dae voor haar 86ste verjaardag het Corrie Slabbert van Jeffreysbaai verlede Dinsdag vir haar familie vaarwel gesê. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DRIE dae voor haar 86ste verjaardag het Corrie Slabbert van Jeffreysbaai verlede Dinsdag vir haar familie vaarwel gesê.

Dié bekende vrou wat vir die afgelope 10 jaar in Eedenglen gewoon het, is op 22 November na ’n kort siekbed in haar huis oorlede.

Tannie Corrie was meer as tuisteskepper en goeie kok; meer as haar breiwerk en mooi sang. Sy was dalk nie meer as dít vir hulle wat van buite af ingekyk het nie, maar sy was bowenal ’n toegewyde en hardwerkende moeder.

As enigste kind het sy kort na haar negen-tiende verjaardag met Kobus Slabbert (oud Tweede Wêreld-oorlogse soldaat en later prediker) getroud, en ses kinders, nege kleinkinders en nege agterkleinkinders is eindelik uit die samesyn gebore. Haar man het haar reeds ontval.

Van die kinders se kosbaarste herinne-rings is hoe sy hulle gedurig bymekaar gehou en haar op hulle welsyn toegespits het. Selfs toe die universiteitsmanne (op eie koste) saans láát studeer het, het sy daar naby ge-draai – altyd bereid om te dien. Totdat die oudste seun een aand gevra het: “Ma, wat skryf Ma môre?” Toe sy erken sy “skryf niks,” het hy gevra: “Ma, gaan slaap, asseblief!”

Dit was tannie Corrie – altyd daar om te dien; en inderwaarheid ook besig om eksamen af te lê, nl. in Moederkunde en Geloofsleer; want nadat sy vir hulle saans alles en meer gedoen het as wat liefde kon doen, het sy in die kamer vir hulle sukses gaan bid.

Haar groot nalatenskap is haar Godvresendheid. Sy het haar lewe deurgebring in diens van die kerk, haar man en kinders. Haar ses kinders het opgegroei in ’n gemiddelde huis waar die etos Godsvrees, harde werk en strewe na die beste was. Hierdie ses kinders, die produk van ’n edel opvoeding, het hul moeder dié week kom vereer deur almal by haar roudiens te wees: Willie (mediese dokter van Kanada), Kobus (professor in kernfisika van Stellenbosch), Dirk (ortodondis van Brittanje), Renier (plaaslike prokureur), Emsie wat by die Pretoria-technikon studeer het, en Petro wat besig is met regstudies.

Tannie Corrie was deur die hele land be-kend en geliefd. Haar familie het in ’n private seremonie in Eedenglen van haar afskeid geneem.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.