Dagsorg-vrou in die hof

2016-10-20 06:00
Damon Crouse (17 maande) is na bewering deur die eienaar van ’n dagsorg in Jeffreysbaai aangerand. Sy ma, Storm, vermoed dat haar dogter, Mischke (4 jaar) ook hardhandig behandel is, maar sy weier om daaroor te praat.                            Foto: MONIQUE BASSON

Damon Crouse (17 maande) is na bewering deur die eienaar van ’n dagsorg in Jeffreysbaai aangerand. Sy ma, Storm, vermoed dat haar dogter, Mischke (4 jaar) ook hardhandig behandel is, maar sy weier om daaroor te praat. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIT moes sy veilige hawe wees wanneer mamma besig is, maar vir dié baba het die dagsorg ‘n plek van geweld, aanranding en vrees geword …

‘n Jong kuiergas het onbewustelik ‘n opname van die wandade, geskree, gestamp en geskud van die 17-maande oue Damon Crouse in die agtergrond vasgevang, onderwyl sy haar spelende nefie afneem.

Vrydag het die eienaar van ’n dagsorgsentrum in Jeffreysbaai in die hof op ’n aanklag van aanrandig verskyn nadat die opname aan die lig gekom het waarop sy ’n huilende baba so hard stamp dat hy op die grond val.

Die opname toon waar Dina Behr, eienaar van Honey Kids in Petalstraat, die klein seuntjie só hardhandig met ’n lepel dwing om te eet, dat sy kop vorentoe en agtertoe ruk. Toe dít haar nie tevrede stel nie, stamp sy hom drie keer gewelddadig met haar hand teen sy voorkop dat hy agteroor op sy rug val. Sy gaan voort om die histe-riese Damon aan sy arm regop te pluk, waarna sy hom forseer om verder te eet.

Dít, terwyl sy deurentyd in kru taal op hom skel.

‘n Gr 3-vakansieganger is op 5 Oktober met haar jonger nefie dagsorg toe waar sy hom met haar tablet afgeneem het – heeltemal onbewus van die skokkende toneel in die agtergrond. Eers toe haar familie die aand na die opname kyk, het hulle besef sy het veel meer as haar gelukkige familielid afgeneem,” sê die baba se geskokte ma, Storm Crouse, wat onlangs van Uitenhage na Jeffreysbaai verhuis het.

“Hulle het my dadelik gebel en van die beeldmateriaal vertel. Dit het gevoel asof my hele lewe inmekaarsak.” Crouse sê sy het in absolute ongeloof na die opname gekyk. “Ek kon nie ophou huil nie. Tot vandag toe kon ek myself nog nie sover kry om na die hele deel te kyk nie. Ek huil nou nog elke keer as iemand na die video kyk en ek hoor my seuntjie se hartverskeurende snikke.”

Die gesin het ’n prokureur gaan sien en ’n klag van mishandeling teen die eienaar ge-open. Die klag is later na aanranding verander.

Damon en sy suster, Mischke (4), was die afge-lope sowat vyf weke, drie dae ’n week by die skool. “Damon was in die oggende en middae huilerig, maar ek het gedink dit is omdat hy aan die nuwe omgewing moet gewoond raak,” sê Crouse. “Ek het nie vir een oomblik gedink hulle mishandel my kind, of selfs kinders, nie.

“Die eienaar het baie vriendelik en professioneel voorgekom. Dit het gelyk asof sy baie vir die kinders omgee. Ek het gedink dat my kinders by haar sou veilig wees.”

Volgens Crouse het dit al hul wilskrag gevat om nie die vrou self te konfronteer nie. “Ons moes ter wille van ons kinders en die ander kinders daar, kalm bly om nie deur ons optrede die saak negatief te beïnvloed nie.

Volgens polisiewoordvoerder kaptein Gerda Swart, word die saak tans deur die Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe-eenheid ondersoek.

“Behr het Dinsdag weer in die hof verskyn en is aan aanrandig skuldig bevind. Sy is ’n boete van R5 000 opgelê,” sê Swart.

Om die video te sien, gaan na https://www.facebook.com/100003090830155/videos/996216923824659/.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.