Die KIA Sportage grom met styl

2017-03-30 06:02
Die KIA Sportage is ’n sagtebaard-veldryer met ’n rowwenek-houding in sy 19-duim rubbersokkies. Voor trek die byna Porsche-agtige lighulse die aandag.             Foto’s:VERSKAF

Die KIA Sportage is ’n sagtebaard-veldryer met ’n rowwenek-houding in sy 19-duim rubbersokkies. Voor trek die byna Porsche-agtige lighulse die aandag. Foto’s:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

LUS vir ’n naweek-ryding, maar sien nie kans vir die standaard wit dubbelkajuit of groot sportnuts nie?

Klouter , soos ek, agter die stuur van KIA se sagtebaard-veldryer in. Die nuwe KIA Sportage mag dalk ’n sagtebaard wees, maar hy het beslis ’n rowwenek-houding in sy 19-duim rubbersokkies.

Met sy asemrowende ontwerp, toonaangewende tegnologie en meer gevorderde funksies om jou gerief en veiligheid te verseker, is die vierde generasie Sportage gemaak om te “wow”.

Voorkoms

Die algehele lengte van die Sportage het met ’n aansienlike 40mm toegeneem, terwyl die asafstand met 30mm vergroot het. Daar is dus meer been- en kopruimte vir die bestuurder en passasiers.

Voor trek die byna Porsche-agtige lighulse die aandag. Dit sit hoog op teen die enjinkap en laat die “Tiger Nose”-sierrooster meer prominent vertoon omdat dit apart van die ligte, enjinkap en buffer is.

Nog iets wat dadelik die oog vang, is die groot ruimte vir die ry- of misligte onder die buffer met die vier aparte klein LED’s wat daarin gehuisves word.

Die spoggerige kant-spieëls vou outomaties oop en toe.

Die lighulse strek om die kar se agterstewe en word netjies met ’n rooi-strook in die middel aan mekaar verbind.

Die tweede ry ligte wat aan die onderkant van die buffer en ’n klein entjie bokant die uitlaatstelsel is, huisves die misligte en die trurat se wit liggie.

Sy penshoogte is nie so hoog dat jy rantjies kan uitklim nie, maar sal wel nat grondpaaie, los sand, en lang gras sonder probleme aandurf.

Op die dak is daar ’n aluminium dakrak.

In geheel is daar ’n mengsel van skerp lyne en hoeke en geronde oppervlakke wat netjies bymekaar ineenskakel.

Binneruim

So mooi as wat die wa van buite is, so is dit van binne.

Die ergonomiese kajuit is daarop gemik om die rit so gerieflik moontlik vir die bestuurder te maak. Dit is die ’n kombinasie van innovasie, gemak en wêreldklas-ontwerp.

Die instrumente lyk spoggerig en modern, nie soos iets wat jy in ’n sagtebaard-veldvoertuig sal verwag nie.

’n Sentrale volkleurskerm dien as inligtingsbron vir enige verstellings aan die navigasiestelsel, klank, lugversorging ens.

’n Groot pluspunt is die slim-sleutel - jy sal nooit weer met hande vol pakkies na jou sleutel hoef te soek nie. Dié sleutel gee jou sleutellose toegang tot elke rit. En die enjin kom brullend aan die lewe met die eenvoudige druk van ’n knoppie.

Die swart leersitplekke is uitstekend: gemaklik en elektries verstelbaar, asook verhit en geventileer.

Passasiersruimte agter is enorm en bied dieselfde vlak van gemak as voor vir die hele gesin om te geniet.

Die Sportage is ’n tweewielaandrywing (voorwiel) of vierwielaandrywing te kry, maar met geen laestrek nie omdat dit ’n sagtebaard vir die stad is.

Die akkurate stuur is lekker op die oop pad en sy padhouvermoë uitmuntend: laatnhom soos kougom aan jou draftekkies.

Jy kan tussen drie temas kies. In “eco” is als ekovriendelik-groen, die blikbrein wys selfs hoe spaarsamig jy ry. Kies jy sport, trek jy soos ’n klip uit ’n kettie wanneer jy vet gee. Selfs nadat ek ’n voertuig verbygesteek het, was ek traag om my voet van die petrol te haal: dit is net te lekker.

Die gonsers voor en agter is gou om te waarsku as jy te naby ’n ander voertuig, randsteen of paal kom - hetsy jy bestuur of parkeer. Daar is ook ’n truratkamera wat sy beeld op die skerm wys.

Oop- en toemaak van ’n kattebak was nog nooit so maklik nie.’n: dit is outomaties vanaf die sleutel of met die blote druk van ’n skakelaar in die voertuig of by die kattebakdeur self.

Die klankdemping is goed en die kajuit flui-sterstil.

Iets wat wel gepla het, was die multimediastelsel waar jy altyd eers “Agree” moet druk voordat die skerm met sy vertoon aangaan. Klein dingetjie, maar tog irriterend.

Slotsom

Die Sportage is ’n voortreflike ryding.

Dit is soveel pret om te bestuur, dat jou mondhoeke dalk sal begin pyn. As jy onlangs ‘ryk’ geëerf het en sy voorkoms in jou smaak val, gaan jy ure se pret agter sy stuurwiel hê.

Prys

  • KIA Sorento 2.4 LS Handrat 5-Sitplek - R457 995
  • KIA Sorento 2.2 CRDi LS Outomaties 5-Sitplek - R489 995
  • KIA Sorento 2.2 CRDi LX Outomaties 5-Sitplek - R582 995
  • KIA Sorento 2.2 CRDi EX Outomaties 7-Sitplek - R686 995
  • KIA Sorento 2.2 CRDi SX Outomaties7-Sitplek - R713 995
  • KIA Sorento 2.2 CRDi SXL Outomaties 7-Sitplek R733 995

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

EFF wins Wits SRC elections

2017-10-20 08:52

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.