Die riviermond - oplaas oop

2017-10-05 06:00
Op 30 September is met die oopmaak van die mond begin. Nou sal die toestand van die oorgangsbrug geassesseer word om te bepaal wat herstel moet word en wanneer.    Foto:VERSKAF

Op 30 September is met die oopmaak van die mond begin. Nou sal die toestand van die oorgangsbrug geassesseer word om te bepaal wat herstel moet word en wanneer. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE ietwat sinistere omstandighede rondom die Astonbaai-Paradysstrand se spoelbrug en die oopmaak van die riviermond is na vele samesprekings eindelik opgelos.

Die lae brug wat eintlik nooit oor die lagune moes geloop het nie, word gereeld deur die afkomende water van die Seekoei- en Swartriviere oorspoel. Baie geld is al bestee om dié kreupel brug te probeer herstel, maar omdat die owerhede nie ’n kort brug oor elkeen van die riviere bou waar albei baie nóú vloei nie, word inwoners van Paradysstrand gereeld verontrief deurdat hulle nie ’n kortpad na Jeffreysbaai het nie.

Verlede week het die Departement van Omgewingsake nog toestemming geweier om die riviermond oop te maak; maar na dringende samesprekings tussen hulle en die munisipa-liteit, het die departement op 29 September die nodige toestemming verleen.

Burgemeester Elza van Lingen sê dié stap sal die watervlak laat daal en help om die brug tussen die dorpsgebiede oopgestel te kry. Die oorgang is al vir langer as ’n maand oorspoel, maar motoriste het voortgegaan om die brug te gebruik. Intussen is die brug heeltemal gesluit, en het ’n motor die naweek in die water beland toe die bestuurder die brug probeer oorsteek het.

Die burgemeester het haar dank uitge-spreek vir die toestemming verleen. Hulle kon uiteindelik die departement oortuig dat die Seekoeirivier-situasie as ’n noodgeval kwalifiseer kragtens die Nasionale Omgewingbestuurswet. Inter-regeringsverhouding is belangrik by die bestuur van ’n dorp of stad.

Op 30 September is met die oopmaak van die mond begin. Nou sal die toestand van die oorgangsbrug geassesseer word om te bepaal wat herstel moet word en wanneer.

Die burgemeester bedank alle rolspelers vir hul bydraes en ondersteuning. Sy sê daar lê nog harde werk voor, maar dat ’n belangrike deurbraak bewerkstellig is.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.