Dienslewering steeds swakker

2016-06-16 06:00
Riool het by dié vakansiehuis ’n jong meer langs die buitegebou gevorm. Die water het hiervandaan en van ander huise oor ’n oop erf geloop, oor die hele breedte van ’n onbeboude area, daarvandaan oor Dolphinrylaan, teen die randstene vas en verder oor Shearwaterstraat. Foto: JANNIE HOUGH

Riool het by dié vakansiehuis ’n jong meer langs die buitegebou gevorm. Die water het hiervandaan en van ander huise oor ’n oop erf geloop, oor die hele breedte van ’n onbeboude area, daarvandaan oor Dolphinrylaan, teen die randstene vas en verder oor Shearwaterstraat. Foto: JANNIE HOUGH

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

PARTY inwoners van Astonbaai het die afgelope vier dae erg deurgeloop onder besoedeling en stank weens oorlopende riool.

Mevrou Esta van der Hoven van Pelikaanpad het Sondagaand 5 Mei onraad gemerk by hul toilette en dadelik die noodnommer geskakel. Hulle het belowe om na haar terug te kom. Met ’n volgende oproep het mnr. Dial Titus gesê die prosedure het verander en dat sy die brandweer moes bel. Hy het aangebied om te bel, maar die probleem (en reuk) het onveranderd gebly.

Die riool het intussen by die vakansiehuis langsaan ’n jong meer langs die buitegebou gevorm. Die water het hiervandaan en van ander huise oor ’n oop erf geloop, oor die hele breedte van ’n onbeboude area, daarvandaan oor Dolphinrylaan, teen die randstene vas en verder oor Shearwaterstraat. Hier het dit in ’n vlei geloop.

Daar is klaarblyklik deur ’n Kaapse firma ’n kragopwekker teen groot koste by die suigfasiliteit in Astonbaai geïnstalleer, maar in geval van kragonderbreking help dit nie dat die opwekker aanskakel nie, aangesien die ri-oolpomp stukkend is. Daar moet skynbaar drie pompe beskikbaar wees, maar nie een daarvan het gewerk nie.

’n Werknemer van die munisipaliteit het aan Koos Hills van Pelikaanpad gesê daar is geen verskoning nie – feit is dat die pompe stukkend is. Eddie Oosthuizen het by navraag glo aan Hills gesê dat hy nie informasie het nie, want hy kan nie met ’n werker praat wat besig is om met gevaarlike elektriese bedrading te werk nie.

Ds. Willie vd Hoven het na sy mooi houtdek gewys waaronder die riool op hulle netjiese grasperk uitloop. “Bo blink, onder stink,” was sy enigste reaksie. En vroeër: “Stank vir dank!”

Skynbaar is die probleem intussen aangespreek, maar teen verlede Woensdagmiddag het daar nog rioolwater in die vlei ingeloop.

Ook die Aston Bay Upliftment Projects kon nie die munisipaliteit se hulp kry toe hul gevra is om takke wat deur die vrywilligers inwoners afgesaag is, te kom wegry nie. Volgens die munisipale woordvoerder is alle beskikbare vervoer stukkend.

Dié probleem is kort daarna opgelos.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/Sport

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.