Dieremaniere

2017-01-26 06:01

DIE eerste honderd plus dae na die plaaslike verkiesing is verby, maar in dié stadium gaan niks oor die groot daarná gesê word nie.

Ons sal wel later oor die nuwe orde besin. Give a chap a chance.

Ek het (a la Pollux) ’n storie oor my besondere vermoëns om met diere te kommunikeer – nie soos ’n gewone horse whisperer nie; maar ons gesels mond tot bek; ons moe, ha-hie, mê en oink soos Tarzan van die ape.

Ná die verkiesing bevind ek my onlangs weer op die stink pad tussen Jeffreysplaas en Aston Farm. Ek besef dat die DA binnekort motoriste gaan ontneem van die voorreg om, sonder toegangsfooi, die groot aantal plaasdiere op die Aston/Jeff-pad te besigtig. Dus maar ’n laaste gesprek met hulle aanknoop.

Ek hou stil toe ’n trop beeste oor die pad luier, en ek begin met die voorste koei gesels. Die veewagter maak dat hy wegkom en skreeu in sy haas: “Daai bees ek ken hom nie. Ek het hom nooit gasien nie. Dis die ander man s’n. Ek ken nie hom se naam nie.” Ander motors het ook stilgehou, want die koeie is buitendien nie van plan om te loop nie. ’n Motoris vra my: ‘Hoe vêr nog na Astonbaai?” Ek vra: “Bedoel jy soos die kraai vlieg?” Hy sê: “Nee, ek bedoel soos die koei loop!”

Terwyl die motoriste hulle gereedmaak vir ’n piekniek langs die pad, gesels ek en die leier-koei oor toestande op Aston Farm. Sy sê die troppe is gelukkig hier op die plaas. Hulle eienaar sê glo die aarde behoort aan almal. Die motoriste is wel lastig, maar nou dat die koerante sê die polisie kan ’n mens vir moord aankla as jy ’n bees skiet, voel die trop meer gerus. Ja, beaam ’n jong tollie, hulle sal graag iets anders as plastieksakke wil vreet en rioolwater wil suip, maar ten minste staan hul nie heeldag in die kraal nie.

En as ’n motor een stamp, kan hul darem ’n derdeparty-eis teen die Dooie-koei Assosiasie instel.

’n Wit streep boerbokke huppel oor die pad, en ek keer die ou met die geilste bokbaard voor. Hy weier om te hard te blêr, maar lig later sy poot in ’n saluut en bulder: “Landgenote, ons hardloop nie uit vye wil hier rond nie. Dis nie lekker vir ’n boerbok tussen ’n klomp bont koeie nie. Ons sal veg vir ons eie werf waar ons rustig oor emmersvol egte boerbokmelk politiek kan praat. Maar origens,” sê hy herkouend en blêrend, “moet ons noodgedwone aanpas op hierdie stuk grond. Aston Farm bied gratis weiding.” “En,” voeg ’n tienerbok by, “No tax, no rent. Free range. Ons gaan hier rinkink tot ons ons eie grond kry.”

Halfpad tussen die rioolarea en die nuwe skool met sy picket fences (wie op aarde sit nog veiligheidsheinings om hul eiendom in hierdie land van melk en heuning?) – sien ek iets nuut vir die kindertjies: ’n yslike trop swart varke trap in ’n gat modderwater rond. Ek klim uit vir ’n geselsie en sien dadelik hier kom moeilikheid: ’n dik ou sog kom skuur hier teen my met ’n deurdringende oink-oink-org en ek wéét sommer sy wil oor die toestande op die plaas kla.

Ek draai my rug op haar, gaan kar toe en sê vir my vrou: “Hierdie vark wil nonsens praat oor die DA, en ek sal dit! nie! duld! nie!”

Dieremaniere. Laat die natuur jou leer. Ek draai die motor om, want die diereverkeer is te groot.

Moenie diere onderskat nie. Hulle is nie so dom soos hulle lyk nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

/Sport
 

SA stats: The role of pets in families

New survey shows impact animals have on SA families

 
 

Paws

The top 6 poisonous foods for your pet
Does your dog have separation anxiety?
Fascinating facts about dogs
Perfectly captured cat snapchats!
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.