Dodelike pes tref SA tamaties eerste keer Wat is ‘Tuta absoluta’?

2016-11-03 06:00
Tuta absoluta is die eerste keer in Suid-Afrika opgemerk.

Tuta absoluta is die eerste keer in Suid-Afrika opgemerk.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Tuta absoluta mag vir die leek klink na ’n heilig verklaarde gestorwe priester, maar dit is die duiwel self vir groente.

En dié pes, wat veral dodelik is vir aartappel- en tamatieverbouing, asook voedselsekerheid oor die algemeen, het vir die eerste keer kop uitgesteek in Suid-Afrika.

Volgens Makenosi Maroo, hoofdirekteur, openbare betrekkinge en kommunikasie van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, is die voorkoms van Tuta absoluta in die oostelike dele van Mpumalanga opgemerk.

Dit het in 2006 van Suid-Amerika na Europa en Noord-Afrika versprei, en toe deur die Midde-Ooste na Indië. Daarna is dit in Kenia en Tanzanië aangemeld in 2014, en in September vanjaar in Zambië en Suid-Afrika.

“Die departement het die verspreiding van die Tuta absoluta-pes oor die wêreld heen deeglik gemonitor en het al ’n ruk gelede noodmaatreëls ingestel om agrochemikalieë te registreer sodat onmiddellik opgetree kan word in geval van ’n uitbraak in Suid-Afrika,” sê Maroo.

Dié pes kan volgens haar nie heeltemal uitgeroei word nie, maar dit kan in bedwang gehou en onderdruk word.

“In gebiede waar swak beheermaatreëls toegepas word, kan Tuta absoluta tot 100%-verliese onder tamaties veroorsaak en ietwat minder onder aartappels. Dit, op sigself, hou ’n groot bedreiging in vir voedselsekerheid, veral omdat aartappels en tamaties daagliks ’n groot deel van Suid-Afrikaners se dieet vorm,” sê Maroo.

Die pes kan doeltreffend beheer word deur die toepassing van goed geïntegreerde landboubestuur. Maroo sê etlike agrochemikalië om die pes te beheer is reeds by die departement geregistreer, maar moet oordeelkundig toegedien word.

“Dit grootste uitdaging met hierdie pes is dat dit binne ’n enkele seisoen weerstand teen chemikalieë kan opbou. Chemikalieë met verskillende aktiewe bestanddele moet in rotasie aangewend word volgens die aanwendingsvereistes,” sê Maroo.

Petrus “Spes” du Preez, voorsitter van die Gamtoos-landbouvereniging, sê groenteboere in die gebied is reeds op hul hoede vir die dreigende verspreiding van hierdie siekte na die Gamtoosvallei.

“Aartappel SA het reeds inligtingstukke hieroor aan alle aartappelprodusente gestuur. Produsente kry genoeg geleenthede om op hoogte te kom van enige dreigende nuwe siektes wat waarskynlik oor die land kan versprei.

Hierbenewens is voorkomings- en korrektiewe optrede oor die siekte reeds onder almal se aandag gebring,” het Du Preez gesê.

  • Tuta absoluta is ’n hoogs skadelike blaarmynermot wat veral tamaties aanval. Dit kan egter ook eiervrugte, soetrissies en aartappels aantas.
  • Omdat Tuta absoluta so vinnig kan toeneem, is die grootste gevaar dat produsente onkant betrap word. Voor­koming en goeie bestuur is gevolglik baie belangrik.
  • Die mot teel vinnig aan, met ’n lewensiklus van tussen 24 en 38 dae. Dit beteken dat hierdie insek tot 12 generasies per jaar kan lewer. Elke vroulike mot kan tot 250 eiers op ’n plant lê. Die larwes voed, en vorm myne op blare, stamme en selfs vrugte.
  • Tuta absoluta kan enige bo-grondse plantdeel aanval. Dit is dus heel moontlik om die plaag gedurende die hele groei­seisoen waar te neem.
  • Die beste strategie om hierdie ernstige plaag onder beheer te bring, is om nuwe groei te beskerm, en voorkomende motspuite in ’n goeie weerstandsprogram te kombineer.

Bron: Tomatoessa.org (Johan Janse van Rensburg – Dow Agro­Sciences)

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.