Dorp rou ná swanger vrou sterf

2016-12-08 06:01
Dié foto van Natalie de Bruin en haar man, Martin, is verlede week op die Facebook-groep Kouga Funerals Official Group geplaas om haar dood aan te kondig.          Foto: VERSKAF

Dié foto van Natalie de Bruin en haar man, Martin, is verlede week op die Facebook-groep Kouga Funerals Official Group geplaas om haar dood aan te kondig. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIT het gelyk soos ’n doodgewone Dinsdag, 29 November, toe Natalie de Bruin (28), op ses maande swanger knaend honger en opgewonde oor ma-wees, vir haar werk as skoonheidsterapeut aangemeld het.

Toe sak sy inmekaar op die kombuisvloer van die Trendz-salon in Jeffreysbaai – en hier het sy nie weer opgestaan nie.

Só het haar kollegas verslae vertel twee dae nadat De Bruin aan ’n skielike aneurisme dood is.

Haar baba is ook dood.

“Omdat sy ’n moeilike swangerskap gehad het, het ek gedink sy het net flou geword,” sê Danette de Beer, eienaar van die salon.

“Ek was nie by die salon toe dit gebeur het nie, maar toe hulle my bel, kon ek nooit dink dit was iets só verskrikliks nie.”

Paramedici en kliënte het saam geveg om De Bruin aan die lewe te hou, sê Tano Aliquo, ’n haarkapper wat in die salon was toe De Bruin inmekaar gesak het.

“Sy het deur die dag gekla van ’n migraine en het haar laaste afspraak gekanselleer om huis toe te gaan,” onthou hy.

“Toe sy haar motorsleutels in die kombuis gaan soek het, het sy ’n snaakse geluid gemaak, haar kop gegryp en geval.

“Ons het alles gedoen wat ons kon en wou nie opgee nie, maar ek dink sy was klaar weg toe sy die vloer bereik het.”

Aliquo het De Bruin se man, Martin, dadelik gebel, maar Natalie het nie weer wakker geword nie.

“Sy was ’n ongelooflike mens,” sê Aliquo.

“Sy kon nooit enigiets slegs in die wêreld of in ander mense sien nie.”

De Beer sê De Bruin het baie na haar baba-tjie se koms uitgesien.

“Sy wou so graag ma wees, al het hulle nog nie ’n naam vir hul dogtertjie gekies nie. Ek het beplan om ’n duur kombers waarop sy versot was saam met haar kollegas vir haar ooie-vaarstee te koop.”

De Beer sal haar kollega en vriendin as ’n gelowige mens onthou.

“Gewoonlik, as mense doodgaan, word daar net goeie dinge oor hulle gesê, maar daar is regtig niks slegs om oor Natalie te sê nie – behalwe dat sy glad nie kon parkeer nie,” skerts sy.

“Sy het ’n kinderlike onskuld gehad en soms was ek bekommerd dat sy nie kon besef dat mense haar kan seermaak nie. Sy was nuuskierig en het alles beleef met die geesdrif van ’n kind wat dit vir die eerste keer ervaar.”

Martin is te geskok om kommentaar te lewer op sy vrou en ongebore kind se dood.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/News
 

Play with your pet when you're not at home

Many pets are alone at home during the week while their owners are at work. So what do these animals get up to while they’re home alone?

 
 

Paws

How to get rid of fleas
12 Cool cat facts
Chocolate can be fatal for dogs
Spider-man star's adorable relationship with his dog
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.