Ds. Attie Beetge voltooi monumentale werk

2017-02-09 06:01
Met die voltooiing van sy boek Padkos vol. 3, het emeritus ds. Attie Beetge van Jeffreysbaai grootliks ’n hoogtepunt bereik in sy skrywersloopbaank. By hom is sy vrou, Ester.         Foto: VERSKAF

Met die voltooiing van sy boek Padkos vol. 3, het emeritus ds. Attie Beetge van Jeffreysbaai grootliks ’n hoogtepunt bereik in sy skrywersloopbaank. By hom is sy vrou, Ester. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MET die voltooiing van sy boek Padkos vol. 3, het emeritus ds. Attie Beetge van Jeffreysbaai grootliks ’n hoogtepunt bereik in sy skrywersloopbaan. Want dié drie volumes bevat ’n nie-dogmatiese kommentaar op al 66 Bybelboeke – ’n weergawe van sy persoonlike reaksie op die Skrifwaarhede.

Noudat hy en sy vrou Ester binnekort die dorp verlaat om te gaan nesskop in ’n meent-huis in Stellenbosch, is dit gepas dat die pu-bliek (d.i. hulle wat dalk nog nie van hom weet nie) kennis neem van die man agter dié en vele ander publikasies ... want ’n groter yweraar vir die geskrewe woord kry jy selde.

Na matriek het hy eers teologie aan die PUK gaan studeer en daarna by Maties as NG-predikant gaan afrond. Hy het prof. JA Heyns se gemeente by Ysterplaat in die Kaap oorgeneem, en toe volg Viljoenskroon, Rustenburg en die laaste twintig jaar Pretoria-Oos. In 1996 het hy en sy vrou in Jeffreysbaai kom aftree.

Hoekom skryf hy, wil ek weet. “Aandrang, dwang, ek kan nie anders nie,” som hy op. As jong predikant het hy huisbesoekkaar- tjies met ’n positiewe boodskap vir predi-kante geskryf, waarvan letterlik miljoene gebruik is. Sy genres sluit in traktate van alle soorte, handleidings vir gemeentelede, brosjures, artikels, gedigte, ’n familiegeskiedenis, ’n gedenkboek vir sy vrou, ’n hele rits boeke, waaronder Daar is hoop op die ashoop, Hope shatters the darkness,Kaleidoskoop, Om deur God se oë te kyk, en baie ander. Hy het ook op versoek ’n voorwoord by Herman Charles Bosman se boek Bekkersdal Marathon geskryf, want Marico is sy hartland.

Hy het na sy aftrede by Radio Kansel en die Christelike Lektuurfonds betrokke geraak. As man van vele talente skilder hy, doen hy pragtige houtwerk, het hy vroeër TV-preke gelewer. Bekende rubriekskrywer Johan Symington vertel van Attie se bediening aan eerste ministers en presidente tydens sy Pretoria-verblyf; en hoe land- en selfs wêreldwyd die impak van sy traktate was.

Uit Attie en Ester se huwelik is ’n seun en vier dogters gebore. Hierdie imponerende man wat net mooi dinge van sy vrou sê, noem ook dat Ester sy grootste (en soms self kwaai!) kritikus is. Oor die reuse-impak van sy lewe, beroep hy hom op sy niksheid as mens. Hy word bloot oorskadu deur he-melse guns en genade. En dit sien jy aan sy regop, fiks houding, sy byderwetse denke, sy blydskap ¬ en dít op ’n baie jeugdige 81!

En daarom spel sy lewe Soli Deo Gloria.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.