Eedenglen - die raaisel verdiep

2017-04-06 06:03

TERWYL private belangegroepe - Dorp van Drome, Aston Bay Upliftment Project en buurtwagte - asook professionele sakemense, soos die verskeie sekuriteitsmaatskappye, poog om Jeffreysbaai en dorpe in die omgewing op te hef, is minder altruïstiese individue net so kliphard aan die werk om inwoners se persoonlike lewens te versuur.

Na Kouga Express verlede week berig het oor verlede Maandagnag se middernagtelike inbraak by die Eedenglen Aftreeoord, was daar verlede week nog ’n inbraak. Dit bring die misdade op vier binne ongeveer een maand te staan. In hierdie stadium is skynbaar nie veel gedoen om die situasie hok te slaan nie.

Die bevelvoerder van die Humansdorp-polisiëringsgebied het ’n taakspan saamge-stel om die aanval wat Maandag omstreeks 02:00 by Eedenglen-aftreeoord in Wonderboomsingel, Jeffreysbaai te ondersoek.

Volgens polisiewoordvoerder kaptein Gerda Swart, het twee verdagtes die egpaar met messe gedreig, die huis deurgesoek en met juwele, selfone, ’n televisiestel en ’n onbekende bedrag geld weggekom. Hulle het te voet op die vlug geslaan.

“Hulle het na bewering deur ’n oop deur ingekom en die vrou (68) in die sitkamer oorval,” sê Swart. “Sy het begin skree en haar man het uit die slaapkamer gekom om haar te help.”

Volgens Swart het die egpaar hul bure gekontak, wat onmiddellik die polisie ontbied het.

’n Saak van huisroof word ondersoek.

Enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, word versoek om die Jeffreysbaai-polisie by 042 200 6800 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

Op sosiale forum het inwoners van Jeffreysbaai hulle sterk uitgespreek teen die klaarblyklike versuim aan daadwerklike optrede. Só is gereageer:

  • Irene Grobler sê: Sy het Vrydag aan die terreinbestuurder verduidelik dat haar man werkers ingebring het om hom te help, omdat sy been gebreek is. Toe sy hom vra waarom die besoekersuitgang nie beman word nie, was sy antwoord: “Ag nee, ry maar die valhek af as daar ’n high-jacker is.” Was hy al in so ’n situasie? wil sy weet. Sy lei af dat die bestuur hulle nie wil bemoei met die gevaarsituasie nie. Sy reken ook dat die verskillende tuindienste versigtig moet wees om hul werkers te beheer
  • Carl Trahms van Smhart-Sekuriteit het verlede week al gesê die eerste inbraak gaan ander groepe aanleiding gee tot verdere misdaad. Hy het na verlede week se groot skrik ’n aanbod aan die bestuur van die oord gemaak om die sy eie manne gratis daar te laat patrolleer. Die aanbod is van die hand gewys.
  • Louis Prins het verwys na die “powere draadheiding” wat geen skelm sal uithou nie en ook gewaarsku oor hoe maklik ander diewe nou daar kan toeslaan. Hy beaam die woorde van Barry Meyer dat onskuldige mense hulle besonderhede by die hek moet verskaf en dat dit baie gemakliker is om in ’n beskutte toegangskamer te sit as om te patrolleer.
  • Freda Botha verwys na die feit dat nuwe woonstelle in aanbou is en wonder of dit skielike toename in inbrake dalk daarmee verband hou. Sy voeg by dat ’n betroubare bron vertel hoe hy een aand by die hek gestop het om aanwysings te vra. Volgens hom het die hek oopgestaan en die wag was vas aan die slaap in sy kamer by die ingang. Freda beweer ook dat hul tuinhulp sonder sy ID deur die hekwag toegelaat word en dat die bestuur gesê het hulle moet self die saak oplos.
  • Kosie Griesel sê hy het iemand in die oord besoek en dat hy die vrees by die mense kon sien.
  • Andre Oosthuysen verskil van hierdie menings en reken sekuriteit is opgeskerp, elektriese heinings is nagegaan, ekstra kameras is geïnstalleer. “Hats off vir die be- stuur,” is sy kommentaar.

Intussen word sekerlik deur inwoners van die oord en ander in die dorp gehoop dat die probleem binnekort heeltemal opgelos sal word.

Ouer mense is soms sagte teikens. Daar is geen verskoning vir enige vorm van misdaad in so ’n kompleks nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/News
 

Buying a puppy? Don’t get scammed!

Hundreds of complaints are filed every year from victims who were scammed when buying a dog online.

 
 

Paws

WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
11 animals before and after they were adopted from shelters
Competition pet grooming – creative or too extreme?
5 Celebrities who are afraid of animals
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.