Eendag, lank gelede

2017-05-25 06:02

VROEËR is gesing: “Ieder woel hier om verandering en betreur dit dag na dag.” Dit wil sê verandering is nie altyd verbetering nie, want dinge verander dikwels om die verkeerde redes. Allerlei goggas knaag skynbaar aan die normale gang van sake, en as ouens dan probeer om dit reg te ruk, is hulle die sondebokke.

Eintlik het meningvorming ook veran-der. Wie sê dit of dat is normatief? Pasop wat jy sê – andersdenkendes sal prosedeer! Tog wonder ek oor veranderings, oor dinge soos...

Pryse: In 1952 het ’n nuwe VW-Kewer R1 080 kontant gekos. Veertien jaar later het ’n nuwe Ford Cortina R1 200 gekos. Ek is nou nie ’n B.Com. nie, maar dít klink vir my na ’n konstante ekonomie. Ná die 1980’s het pryse so gestyg dat ons deesdae net van honderde duisende praat. In 1973 was kondensmelk 9 sent per blik, nou is dit R19. Daardie tyd kon R19 dus ongeveer 211 blikke koop. Sulke stygings klink vir my na ’n klomp nonsens. Suiker kos nou omtrent R40 vir 2.5 kg; in die 70’s en later was dit R1.50 per 2.5kg.

Maar die Zeitgeist roep my tot orde: Die ontwerpers, vervaardigers, middelmanne en verkoopslui moet lewe. Pryse mag klim. Mense mag enige opinie lug, hul eie kodes najaag; leerders mag die skole op horings neem; ouers moet aanpas: nie pak gee en hul bloedjies aanspreek soos besetenes nie. Kinders is with it, die ouer geslag is outyds en belaglik. Finish en klaar. As jy nie met ’n motor wil ry nie, lóóp dan; as jy nie kondensmelk wil drink nie, suip dan water. As suikerpryse jou pla, eet soetriet.

Ek weet daar is groot woorde soos prys-aanpassing, inflasie, depresiasie, globalisering en almal-is-gelyk-nie-arm-of-ryk, tegnologiese vooruitgang wat biljoene kos. Ek weet, ek weet. Daar is ook woorde soos onreg, suinigheid, egoïsme, pappa-se-erfgeld, klasseverskil, onderdrukking van die armes, ens.,. ens. Lyk vir my ons stuur op ’n globale ramp af, want die mense in be-heer bid: “Lord, you keep them humble, we’ll keep them poor.”

Kwantumsprong na 2017. Ons praat steeds oor verandering. Die eerste 100 dae van die DA het gekom en stilweg gegaan. Laat my toe om die 2017-situasie sonder spot in mooi fonetiese Afrika-Afrikaans te skets: Die bees hy lôp nog by die pad – nô die kalfies hy het by gakom. Die DA hulle werk hulle dôd, en hulle pay is tot op die been gasny, maar die gat hy es nog by die straat. Die riool hy borrel en gorrel, die municipality se lorrie hy’t gavrek. Die municipal fees hy gaan op-op, die infrastructure hy duik af soos ’n parra. Die structure hy is gone, net die infra bly oor: onder, onder. En bo die onder is niekies. Eish!

Die wyse Salomo sê natuurlik: “Moenie sê die ou dae was beter (of slegter) as nou nie. Dis nie wys om so iets te sê nie.” Overgezet synde: Die huidige powers that be en ander belanghebbendes gebruik altyd dié woorde om hul eie slapheid te verskoon. Die blaam word verskuif – terug na die verlede. Lyk my alle generasies, ministers, partye, regerings, oningeligtes et al het hul goeie én slegte punte.

En dit lyk vir my die huidige dag is die beste tyd om te lewe – want ons kan nóú ’n verskil maak deur nie deel van die swygsame meerderheid te wees nie, maar deur sinvol te praat en te doen om dinge te verbeter. Môre is onseker, gister is geskiedenis, nou is die tyd.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/News
 

Play with your pet when you're not at home

Many pets are alone at home during the week while their owners are at work. So what do these animals get up to while they’re home alone?

 
 

Paws

How to get rid of fleas
12 Cool cat facts
Chocolate can be fatal for dogs
Spider-man star's adorable relationship with his dog
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.