Eeu ná vloed in Baviaanskloof

2016-02-25 06:00
Die aanwysingsbord in die Baviaanskloof na die monument ter herinnering aan 5 Mei 1916 se groot vloed. Foto: Verskaf

Die aanwysingsbord in die Baviaanskloof na die monument ter herinnering aan 5 Mei 1916 se groot vloed. Foto: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

“ALMAL was op Vrydagoggend reeds vroeg op. Elkeen het verwag om groot gebeurtenisse te hoor en treurige skouspele te sien.

“En dit was ook so. So ver die oog kon sien, was net water. Huise wat nog die vorige aand daar was, het verdwyn.”

Dié Vrydag was 5 Mei 1916. Die plek: die Baviaanskloof. Die vertelling hierbo kom uit Baviaanskloof Stories deur J.C. Scheltema.

Die gevierde skrywer P.H. Nortjé het al vroeër jare die boek Die Wildedruif Val oor die Baviaanskloof-vloed geskryf.

Die deel waar Nortjé skryf oor hoe die Campbell-gesin en Hans Terblanche, ’n loseerder, hul laaste toevlug geneem het tot ’n wildedruifboom om aan die siedende water te probeer ontsnap, plaas die leser in die traumatiese gebeure, veral toe ook dié boom later onder die waterkrag meegegee het.

Sewe mense, onder wie vier van die Campbell-gesin, het verdrink.

Terblanche het in 1981, kort ná die Laingsburg-vloed, aan Die Transvaler, ’n destydse oggendkoerant, geskryf dat dit dae en nagte aaneen gereën het ”sodat alle spruite en klowe oorstroom het – vandaar die grootste oorstroming in menseheugenis in die gebied”.

’n Monument ter herinnering aan die Baviaanskloof-vloed van 5 Mei 1916 is later opgerig.

Vanjaar, ’n eeu later, sal dié vloed wat soveel lewens ingrypend verander het (benewens die lewens- en eiendomsverlies is baie landbougrond tot op die klipbodem weggevee), op 7 Mei in die Baviaanskloof herdenk word.

Die verrigtinge begin om 10:00 by Zaaimanshoek. Onder meer sal enkele verhale soos deur die ou mense oorgedra, vertel word.

Vir meer inligting, skakel Hestelle van Rensburg by 049 835 1026, Boetie Terblanche by 044 923 1921 en Jana Meyer by 079 894 8952.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.