Egpaar hoop makelaar betaal vir bedrog

2016-07-28 06:00

DIE afgelope weke se publisiteit van talle mense wat deur die voormalige makelaar, Nico Nel, van Maak ’n Las-faam finansieel ingeloop is, het ’n Jeffreysbaaise egpaar weer ’n sprankie hoop gegee om die makelaar wat spoorloos met hul geld verdwyn het, aan die pen te laat ry.

Dié egpaar, wat verkies om anoniem te bly, het in Maart 2000 nagenoeg R250 000 in ’n be-leggingskema, Prozet, belê na ’n gesertifi-seerde finansiële beplanner (CFP) met meer as 35 jaar ondervinding in die versekering- en belegging-bedryf, hulle genader het.

Na weke se gesukkel om skriftelike bewyse van hul nuwe belegging te kry, het die ontnugterde egpaar tot die skokkende besef gekom dat hulle deur bedrog en valse belegginver-klarings ’n rat voor die oë gedraai is. Daar was geen teken van hul belegging of die gewese makelaar van Sanlam nie.

Die egpaar het in 2015 met Sanlam hieroor in verbinding getree, na hul vroeër aansoek miluk het om ’n amptelike klag teen die makelaar aanhangig te maak. Sanlam ontken in ’n brief aan die egpaar, enige verantwoordelik-heid en hou voor dat die makelaar onder geen omstandighede skriftelike bewyse aan die egpaar oorhandig het wat daarop dui dat die be-legging ’n Sanlam-produk is nie.

Hulle meen dat die egpaar van beter moes weet, siende hulle reeds kliënte van Sanlam was.

Die makelaar van Port Elizabeth het volgens Sanlam in sy privaat hoedanigheid, buite sy Sanlam-mandaat, gereël om geld van moontlike beleggers te bestuur of te belê.

Hulle hoop nou dat meer mense wat dieselfde stel afgetrap het, na vore sal kom. “Miskien kan ons so ’n sterker saak met meer bewyse van die gruwelike bedrog opbou,” sê hulle.

Volgens die egpaar het dié makelaar se indrukwekkende getuigskrif, die knoop deurgehaak. Anders sou hulle nooit hul ‘oudag-geld’ by hom belê het nie. Hy werk huidiglik by ’n toonaangewende instansie in PE.

Die makelaar is ’n ten volle gekwalifiseerde finansiële tussenganger met die RFD, ’n lid van die VMR, die SA Raad op Mediese Skemas en die houer van die internasionale gehalte-toekenning vir voortreflike diens. Hy was Sanlam Lewens se top finansiële adviseur vir 11 jaar.

“Dít en die feit dat hy ons onder die indruk gebring het dat dit ’n Sanlam-produk is, het ons laat glo dat dit ’n veilige belegging is. Sanlam kentekens was ooral te sien by die twee byeenkomste oor die Prozet-belegging

Daar was tussen 20 en 25 mense by die eerste vergadering. Vyftien jaar terug het ons nog niks geweet van piramide-skemas nie.”

Die egpaar vertel dat die kwart-miljoen wat hulle kwyt is, deel is van die opbrengs van die verkoop van hul plaas in 2000. “Ons wou dié geld vir ons ou dag belê, nou sal ons ’n ander plan moet maak,” sê hulle.

  • Prozet het enkele jare gelede in duie gestort - en meer as R40 miljoen van Suid-Afrikaanse beleggers was daarmee heen.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.