Einde van ’n era, ’n nuwe begin

2017-05-11 06:03
Pirow en Trumie Viljoen, wat vir 31 jaar en 11 maande aan die stuur van sake by die Wimpy in Oosterlandstraat in Jeffreysbaai gestaan het, pak eersdaags ’n nuwe uitdaging aan: die bestuur van Mugg and Bean in Jeffreysbaai.                                 Foto’s:VERSKAF

Pirow en Trumie Viljoen, wat vir 31 jaar en 11 maande aan die stuur van sake by die Wimpy in Oosterlandstraat in Jeffreysbaai gestaan het, pak eersdaags ’n nuwe uitdaging aan: die bestuur van Mugg and Bean in Jeffreysbaai. Foto’s:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE alomgeliefde Wimpy in Oosterlandstraat, Jeffreysbaai het op 1 Mei na byna 41 suksesvolle jare hul deure finaal vir die publiek gesluit.

Nooit weer sal die bekende kenwysies - Go grabba good time, go grabba burger now; Wimpy sizzles irresistible fresh from the griddle, of Enjoy every moment - tussen die vier mure weerklink nie.

Dié bekende wit-en-rooi landmerk, wat al duisende melkskommels en hamburgers aan honger inwoners en besoekers voorgesit het, maak nou eersdaags plek vir die gewilde Mugg and Bean - bekend vir hul reuse porsies, kwaliteit, groot verskeidenheid koffie, koek en muffins.

Hoewel hartseer om van ’n groot deel van Jeffreysbaai se geskiedenis afskeid te neem, sien eienaars Pirow en Trumie Viljoen daarna uit om dié nuwe uitdaging met ywer aan te pak.

Mugg and Bean open in Junie vanjaar.

Waar het alles begin

Die Wimpy is in September 1974 deur Mike Raulstone by die hoofstrand in Diazstraat geopen.

Bykans 10 jaar later, op 1 Junie 1985, het die Viljoen-egpaar die leisels oorgeneem en vir 31 jaar en 11 maande trots aan die stuur van sake gestaan.

In 1994 het die Wimpy na die hoek van Goedehoop- en Jeffreysstraat geskuif, voor dit in 2004 by Oosterlandstraat 9 sy finale staanplek gevind het.

“Na ’n lang dag op die see, het die bemanningslede van die vis- en tjokkabote die eerste Wimpy se 15m rooi neon-teken as ’n baken terug huistoe gebruik,” vertel Trumie.

Personeellede Cecile Baadjies, Sophie Titus, Serina Dolf en Dinah Natal het oor die jare saam met die Wimpy geskuif en gegroei.

Volgens Trumie is die Wimpy een van die oudste besighede in Jeffreysbaai wat tot onlangs toe nog sake gedoen het. Ander bestaande besighede van ouds sluit in Jeffreysbaai Motors, Savoy Hotel, Plumbago, Country Feeling, In Step, Vanilla Dream en Trawlers.

Bekende besoekers

  • Oorr.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.