‘Ek het alle hoop verloor’

2017-07-20 06:00
Arlina Tukani (links), Erneste Jana (regs) en Moeketsi Max (heel regs) wag angstig vir nuus oor hul susterskind, Paseka Pike, wat ook vermis geraak het toe die Maredon Sondagoggend by St. Francisbaai gestrand het. Foto: LULAMA ZENZILE

Arlina Tukani (links), Erneste Jana (regs) en Moeketsi Max (heel regs) wag angstig vir nuus oor hul susterskind, Paseka Pike, wat ook vermis geraak het toe die Maredon Sondagoggend by St. Francisbaai gestrand het. Foto: LULAMA ZENZILE

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

“EK het alle hoop verloor.”

Só het ’n hartseer familielid van een van die agt vissermanne wat Sondag in die vroeë oggendure vermis geraak het nadat hul boot by St. Francisbaai omgeslaan het gister gesê.

Moeketsi Max se susterskind, Paseka Pike (38), sowel as twee van sy goeie vriende, Eforester Stemela en Elliot Mtawine, word steeds vermis.

Hul tjokkaboot, Maredon, het omstreeks 03:00 in die moeilikheid beland en op Sunset Rock gestrand nadat dit omgeslaan het.

Euan Kriel (31) se lyk, sowel as vyf oorlewendes, is in dié omgewing op die strand gevind.

Nog ’n visser se lyk is Woensdagoggend bay Blue Horizon Bay gevind.

’n Reddingsboot het nog ’n oorlewende uit die water opgepik.

Die sewende oorlewende, wat onder die boot vasgekeer was, kon self uitklim toe hoogwater die boot ’n paar keer laat tol het.

Max se oë is vol trane waar hy en twee ander familielede op ’n rots na die onstuimige branders sit en tuur.

“Ek weet nie wat om te sê nie. Ek het nie eens die krag om te praat nie,” sê hy.

“Dit het ure gelede al gebeur. Al wat ek heeltyd sit en wonder is: Kan hulle nog leef? Is daar dalk ’n klein kansie dat hulle ongedeerd gevind sal word? Dis al waaraan ek kan dink.”

Max sê hy het die nuus ontvang toe ’n vriend, ook ’n visserman, hom die oggend gebel het.

“Ek het dadelik hierheen gekom en toe dit gister so reën, het die water oor my gespoel. Ek was sopnat, maar ek was hier, want ek moes enige nuus aan die mans se vroue oordra.

“Hulle sit daar by die huis in ’n toestand en wag op nuus . . . enige nuus.”

Max sê wat vir hom die hartseerste is, is die feit dat al drie dié mans die enigste broodwinners in hul huise is.

Hy sê toe hy hoor dat ’n paar oorlewendes in ’n plaaslike hospitaal opgeneem is, het hy hom dadelik daarheen gehaas.

“Ek het bly hoop dat ek Paseka en die ander twee sou sien en dat hulle veilig sou wees.

“Ek was skoon deurmekaar toe ek hulle daarbinne soek, maar toe ek agterkom dat hulle nie daar was nie, het dit gevoel asof my moed tot in my skoene sak.”

Arlina Tukani, Pike se tante, sê: “Dis so hartseer om te dink hoe bly die mans was om weer op die see uit te gaan. Voordat hulle begin Julie op dié boot begin werk het, was hulle ses maande lank sonder werk. Hulle het so lank daarvoor gewag, toe gebeur die ding nou.”

’n Woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), Paul Hurley, het Maandag net voor middagete gesê hulle gaan die soektog te voet voortsit.

“Die seetoestande is te gevaarlik en die boot beweeg steeds. Ons sal eers ons duikers kan uitstuur wanneer dit laagwater is.”

Nog ’n woordvoerder van die NSRI, Craig Lambinon, het gesê niemand is nog opgespoor nie.

“Die soektog duur voort,” sê hy.

’n Polisiewoordvoerder, sers. Majola Nkohli, het bevestig dat die polisie ’n geregtelike doodsondersoek geopen het.

  • l.

Kapt. Nigel Campbell van Samsa sê die ondersoek het reeds begin.

“Ons het Sondagoggend ons aanvanklike ondersoek op die toneel gedoen.”

Onderhoude is Maandag met oorlewendes gevoer.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/News
 

What age should puppies stop chewing shoes?

Chewing is perfectly natural behaviour in puppies and even adult dogs, but dog owners can solve the problem with calm, and these straightforward tips.

 
 

Paws

French Bulldog helps kids with facial differences
Weird things dogs do
Makeover saves dog’s life
For the love of Corgis!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.