Elke vergete ashoop, slagveld vertel ’n storie

2017-09-14 06:01

DIE gryskopman leun effens vorentoe, sy lyf en stem die ene dringendheid: “Elke ashoop vertel ’n storie; dit is soos ’n tydkapsule wat oopmaak en die langvergete skatte van ons ryk, en soms bloedige verlede, ontbloot.”

Maar Lukas van der Merwe is geen fortuinsoeker nie. Alles behalwe. Vir hom gaan dit nie oor die geld nie, maar oor die bewaring van die geskiedenis. Al het een van sy medesoekers R2.5 miljoen Pond vir ’n Romeinse soldaat-masker ontvang.

Sy Metaalverklikker Inligtingsentrum by Mount Ingwe in Elandsrivier getuig hiervan. ’n Vervelige besigheid? Beslis nie: juis omdat die inhoud van die sentrum met sy honderde Anglo-Boereoorlag items so uniek is.

Die begin

Lukas, wat ’n onblusbare passie vir die Anglo-Boereoorlog het, versamel reeds sedert 13-jarige ouderdom ‘skatte’ met behulp van ’n me-taalverklikker.

Sy oë verhelder: “Elke beep-beep geluid dui op ’n moontlike kosbare vonds.” Soos die Burger Pond wat hy op skool gevind het en later vir sy eerste huis betaal het.

Dit is tóé dat die versamelgogga Lukas behoorlik byt.

Hy grawe die afgelope 36 jaar regoor die land vir skatte en reël vir die laaste 31 jaar metaalverklikker-ekspedisies na verskillen-de ou slagvelde.

Die besonderhede - naam, tyd en plek - van elke item wat gevind word, word sorgvuldig aangeteken.

Lukas verseker dat hulle nooit by nasionale monumente of grafte grawe nie.

“Nagenoeg 60% van alle waardevolle items wat ons uithaal, kry ’n spesiale plek in een van die uitstalkaste by die sentrum. Ons skenk verder 40% van ons vondse aan die plaaslike dorp waar ons grawe.”

Metaalverklikker Inligtingsentrum

Vandag spog die Metaalverklikker Inligtingsentrum met ’n hele paar ‘enigstes ter wêreld’, sonderlinge versamelaarsitems waarvan die laastes slegs hier te siene is. Van die Ro- meinse muntstukke uit Engeland dateer so ver terug soos 3 000 jaar VC. Daar is ’n kopermuntstuk gesslaan tydens die bevind van koning James 1 van Engeland (1603 - 1625), muntstukke uit 1797, medaljes wat uit 1879 dateer en naamplaatjies uit 1894.

Die magdom waardevolle Anglo-Boereoorlog erfenisskatte sluit in infanteriegewere, per-kussiedoppe, agterlaaiers, medaljes, muntstukke, goue Ponde, kanonpenne, koeëls, dubbel- tjies, gereedskap, naamplaatjies, slotte en krane.

Sy gunsteling item? “Dit is moeilik om een item uit te sonder. Alles in die sentrum is vir my interessant. Elke item vertel ’n storie; hetsy dit ’n storie van oorwinning of groot neerslae is.

“Daar is selfs ’n perdehoef. Soldate moes die uniek-genommerde perdehoef van hul gevalle makkers ingee in ruil vir ’n nuwe perd.”

Lukas lag: “Op skool het ek nie eens van geskiedenis gehou nie. Nou kan ek nie genoeg navorsing doen nie en ken, waar moontlik, die geskiedenis van elke item hier.”

Nóg skatte

Nie-Boereoorlog items sluit in ’n mondfluitjie, valstande, horlosies, ringe, kamme, metaalverklikkers, blikkies, kleipotte en bottels.

Dan is daar die bootvormige Keltiese wedeslyper soos uitgebeeld deur Mel Gibson in die bekende film Braveheart, asook die Keltiese silwermuntstuk wat uit die eerste eeu voor Christus dateer.

“Met die leegmaak van Lake Robinson het ons 6 000 ou munte en 500 goue ringe gevind, asook emmers vol geld en ’n hele paar valstande uitgehaal.

“Een van die ringe kon ons aan sy regmatige eienaar terugbesorg wat dit op 17 jarige- ouderom verloor het - 58 jaar later.”

Die sentrum spog verder met gereedskap uit die Ystertydperk en items van die Steen- Brons- en Victoriaanse tydperk.

En wie weet, dalk vind hy nog die fabelagtige Kruger-miljoene daar waar dit vir meer as ’n eeu begrawe is.

Soldate, oud-soldate en belangstellendes van die Anglo-Boereoorlog, kan Lukas by 079 888 6337 of 082 072 7747 skakel. Vir meer inligting, besoek www.mountingwe.co.za.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.