Elsabet Theron-Le Roux: Advokaat par excellence

2016-05-19 06:00
Elsabet Theron-Le Roux.                                     Foto: JANNIE HOUGH

Elsabet Theron-Le Roux. Foto: JANNIE HOUGH

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

EK het haar ’n paar jaar gelede vir die eerste keer in ’n kerkdiens opgelet – die jong regsge-leerde van Jeffreysbaai.

Jy kon haar nie mis nie, vanweë haar entoesiastiese deelname aan die diens. Dié 23-jarige skoonheid was toe alreeds as advokaat tot die balie toegelaat.

Sy was nie deel van die moderne gap-year brigade nie, maar het ná matriek (aan Diamantveld Sekondêre Skool in Kimberley) sewe stewige studiejare deurgebring vir LLB en LLM – eers by UPE (nou NMMU) en toe by Unisa. Na twee jaar by die Vereniging van Advokate het sy aangesluit by die Hooggeregshof-eenheid van Legal Aid SA.

In 2010 was sy die Oos-Kaapse finalis vir die Lawyer of the Year-toekenning – ’n nasionale verering onder alle prokureurs/advokate van Legal Aid SA. Sy het tweede plek behaal. Op 26-jarige leeftyd het sy haar verskyning gemaak in die hoogste hof van appèl. Talle van haar sake is gerapporteer in hofstukke van die Hooggeregshof en hoogste hof van appèl.

Sy was aanvanklik vir B.Mus. gekeur, maar het op ’n regsloopbaan besluit. En van toe af was daar nie keer aan haar nie. Soos met haar studies, jaag sy haar lewensdrome beslis en doelgerig na. ’n Beampte van die Hooggeregshof beskryf haar as ne-derig, Godvresend, toegewyd, deeglik. Sy is ’n goeie luisteraar, geduldig en baie lief vir haar familie. Haar moeder, Marietjie, woon steeds in Jeffreysbaai ná haar man, André, se onverwagse afsterwe enkele jare gelede. Hy was die hoof van Laerskool Jeffreysbaai.

  • Sy hou altyd haar oog op die einddoel. As sy vasbat sy in die wêreld wil sien.

Sy haal aan: When you care for the powerless, you become powerful. When you serve those with no influence, God gives you influence. When you humble yourself, others will honour you.

Sy het hoop vir die toekoms, omdat sy onkreukbaar glo; en hoewel sy nog graag veral Frankryk en Israel wil platreis, is haar wortels vas in Suid-Afrika. Hier wil sy nóú, terwyl daar nog geleentheid is, haar volle energie inploeg, haar liefde leef, haar familie waardeer, omdat “tyd so vinnig verby-vlieg.”

Beide sy en haar man is lief vir studie. Hy is besig met doktorale navorsing in Ekonomie aan NMMU. Sy wil tussen advokaat-wees, moederskap, vriendskappe, kerklike en ander verpligtinge ook nog haar doktorsgraad in die Regte verwerf.

Haar tweejarige seuntjie, Josua, wat besoekers gou-gou op sy tromspel vergas, is haar “hart se punt.” Tussen alles deur ontspan sy op haar beste met ’n oop koerant wat plat op die vloer voor haar oopgesprei lê.

Hier is soveel energie, sy gee niemand kans om moeg te word nie. Welgedaan, advokaat Elsabet!

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.