Enkelspoor-speelplek vir dikwiele

2017-05-04 06:01
Hier by die Zebra Lodge begin die Jbay MTB-roetes reg op jou luukse tent se voorstoep.

Hier by die Zebra Lodge begin die Jbay MTB-roetes reg op jou luukse tent se voorstoep.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TOT onlangs was jou branderplank en swembroek boaan die lys van wat jy moet inpak wanneer jy in “JBay” kom kuier, maar nie al die aksie is in die see nie.

Dorpe soos Hankey en Thornhill asook die nuwe Crossways-ontwikkeling is oortuig daarvan dat bergfiets-avonture die beste manier is om ekotoeriste te lok. Deesdae is dié streek ’n enkelspoor-speelplek van die boonste rak.

Die beste van alles is dat die roetes almal by mekaar aansluit. Dit beteken jy kan direk van die “JBay MTB Park” aansluiting vind by roetes wat deur Crossways Village, die Woodridge-skool en die Longmore-plantasies loop. Dit bied jou meer as 100 km se bergfietstrap – en die meeste daarvan is ’n pasgemaakte enkelspoor.

Dis juis hoekom ek en my gesin die afgelope Paasnaweek soontoe is. En ’n beter blyplek as die Zebra Lodge kry jy nie sommer nie. Hier suip die sebras water uit die swembad waarin jy afkoel.

Die Jbay MTB-roetes begin hier reg op jou luukse tent se voorstoep.

Die enkelspoorpaadjies begin bo by die Zebra Lodge met sy grasdak. Van hier kan jy bykans 20 km ver trap, stap of draf.

Hou jou oë oop, want jy deel dié soetdoringtonnels met rooibokke, sebras en selfs nou en dan ’n rooikat. Op my laaste draffie voor ons vertrek het ek een raakgeloop.

Nadat jy die Zebra Lodge se doringveld en kuswoud gegroet het, wag die res van die 3 Rivers Trail net anderkant die R102 op jou.

Die aanwysings is puik. Nadat jy oor ’n paar houtbruggies is, trap jy al op die Groen Appel-roete, deur ’n tonnel onderdeur die N2 tot by Cross­ways.

Jy bevind jou dan op melkboerterrein waar holsteinkoeie rustig in die lande wei en jou met groot oë aanstaar wanneer jy op jou fiets verbyblits.

Die broers Grant en Brett Puttergill boer al jare hier.

Hulle het kilometers se roetes op hul plase gebou nadat die bergfietsgogga hulle sowat ’n dekade gelede gebyt het.

  • Meer inligting: www.­3riverstrail.­co.­za

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
There's an app for that: how apps have changed us

"There's an app for that" is more than just Apple's marketing mantra. Mobile apps have emerged over the last 10 years or so for practically every need in a person's day and changed our lives.

/Sport
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.