Facebook

2017-08-31 06:00

EK verkneukel my in moderniteit en al sy katoeters. Dit keer dat ek nie die traan saam met die lag te ernstig opneem nie.

Een byderwetse foefie wat my kielie, is FB (Facebook vir dié wat uit voeling is met Afrikaans). FB is ’n sosiale media webblad. Die gedagte daaragter is om gemoedelik te verkeer met almal wat wil – so ’n soort daaglikse reünie. En toe dit eers posvat, word dit oornag ’n skinder-, spog-, slegsê, sensasie- en persoonlike ontboesemingsruimte.

Dinge wat my kielie vanaf my medulla oblongata tot by my metatarsale beendere, is gedroggies soos...

. Facebookers se besondere taalgebruik. (Nie almal is taalkenners nie, maar google en woordeboeke bestaan nog). Só praat ons Anglo-bewustes (vergelyk Maties) deesdae –

. “Myself and my wife walked along when dogs came in aggressive. Be carefully – they came out of a tree. We fight them of, so they run away. Things could have become very bad.”

- “Toe ek my vullis sakke uitsit, was iemand in die yard en het agter gesluite hekke in my sakke kon krap.”

- “Ek soek ’n lift club vanaf aston tot in Keet weg.”

- Make a offer...leer belde vir R150.....Your avarage weight ..... You don’t loose weight ... centimeters ... pro

gram (Engels) ... it are ... windbomp ... ingeneur ... ein (eien) ... toe ein ... in stant hou ... which of your talents is the strongest...we will tell you what makes you you ..... are the bridge closed?

- Iemand wil na sy seuntkie se tandties laat kyk .....’n 4 sleaper couch is te koop .....ook ’n most clean car ... almal staan op daarteen ..... my hart breuk ..... ek wardeer/waardeur.

- Uiteraard is daar ook die óú gunstelinge: dissapointment ... passop ... happend ... resturant coming ... sweater (vir sweeter). Ad infinitum.

. Daar is die raadgeekolom. Daarin word stappers aangeraai om altyd pepper spray, ’n mes of ’n tazer saam te dra. Klink vir my aanhitserig. Baie crooks lees FB. Sê nou net húlle stap met ’n atoombom?

. Daar bestaan ook ’n spesiale plek vir gebruikers wie se woordeskat nie juis uitgebrei is nie, sodat hulle matroostaal (ad nauseam), beledigings (ad libitum) en ander uitdrukkings á la Blikkiesdorp soos tennisballe rondgooi.

. En daar is die mediese kolom. Daar is bv. een raat wat alles aan jou genees – vanaf jou mitrale hartklep tot by jou linkervoet se fa-lankse. Sekere ernstige siektes bestáán volgens dié geleerdes glad nie – wat nog te sê dit gesond dokter! Gebruik een wondermiddel: gemmerwortel, of Oom Gallie se groendruppels, of drink min tot geen water.

Laat ons nie kritiseer nie. Elke ou het sy eie I.K en E.K. Sommiges wíl graag so praat, ander is gewoon so dof soos brood – waaroor niemand iets behoort te sê nie, want dit kan geneties wees.

Mý kommer is net dat alle skoolleerders spoedig almal so sal skryf, want zoals de oude zongen, so piepen de jongen (My Nederlands in nie-bestaande).

Maar hoor nou my lied – as ek weer moet lees van Piet en Griet wat om 11:00 by die Stonehedge naby Kakamas ’n verversinkie geniet; of as korrespondente op eie keuse liewer Afrikaans as Engels wíl praat; of as ’n ou met ’n missie ’n soetsappige gediggie plaas en my vra om dit na tien mense aan te stuur, anders sal die vloek van Poeng Tong Fong Tong my tref; of iemand wens vir my “’n mooi daggie toe, liefste mensie,” dan gaan ek prosedeer! Belowe.

Facebook kan nuttig wees, maar toe dit in verkeerde hande beland, toe word dit ’n mooi naam vir ’n lelike ding.

Maar geniet dit – dit frolik moss ons daggie op, of prêt I twêk?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.