Fanie stap, stap so deur die lewe

2017-06-08 06:01
Fanie Pretorius (77) van Jeffreysbaai het al aan soveel wedlope deelgeneem dat dit makliker is om die afstand wat hy al afgelê het in kilogram in plaas van kilometers te meet. Oor die jare het hy ’n groot aantal van sy medaljes weggegee. Foto:MONIQUE BASSON

Fanie Pretorius (77) van Jeffreysbaai het al aan soveel wedlope deelgeneem dat dit makliker is om die afstand wat hy al afgelê het in kilogram in plaas van kilometers te meet. Oor die jare het hy ’n groot aantal van sy medaljes weggegee. Foto:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

AS die stapgogga byt, byt hy diep, en in sekere gevallle byt hy jare lank - indien nie lewenslank nie.

Dit is die geval met Fanie Pretorius (77) van Jeffreysbaai wat reeds van sewejarige ouderdom stap. Hetsy dit skool of kerk toe is. In la-ter jare om by nooiens te gaan kuier. Dan is daar ook die talle padwedlope waaraan hy deelgeneem het.

“Stap is in my gene,” sê Pretorius wat daag-liks ongeveer 6km stap. Dit is nou as dit nie reën of die wind te erg waai nie.

Hoeveel kilometers het Pretorius al gestap?

“Teen ’n gemiddelde afstand van minstens 5km drie keer ’n week vir die afgelope 70 jaar, werk dit uit op 54 600km, oftewel meer as 379 dae wat ek gestap, het as dit my 10 minute gevat het om 1km te stap,” sê Pretorius.

“As ek sonder ophou geloop het, sou ek vir langer as ’n jaar gestap het.”

Dit sluit nie die honderde kilometers in wat hy tydens nagenoeg 60 padwedlope gestap het nie.

Pretorius het al aan soveel wedlope deelgeneem dat dit makliker is om die afstand wat hy afgelê het in kilogram pleks van kilometers te meet.

“Ek weet nie aan hoeveel wedlope ek deur die jare deelgeneem het nie. Daar is te veel om te tel en dis moeilik om almal te onthou, maar dit is baie,” sê hy terwyl hy sy medaljes gaan haal. “Ek weet ook nie hoeveel honderde kilometers ek tydens die wedlope gestap-draf het nie.”

Die afgelope paar jaar neem hy nie meer aan wedlope deel nie.

“Ek kan nie meer so baie stap soos in my jonger dae nie,” sê hy. “Ek stap nog gereeld vir die lekkerte daarvan. Dit hou my nie net fiks en gesond nie, maar gee my ook baie alleentyd om my kop skoon te kry.”

Pretorius hou hom verder besig met teken en skilder.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

Embracing sustainability in tobacco agriculture

In Sub-Saharan Africa, farming represents a subsistence lifestyle for millions of people. In recent years though, the development of farming into an economic activity has made a real change in how the land is used in providing for the population.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.