Fanning ry J-Bay se spook skoon weg

2016-07-21 06:00
Mick Fanning van Australië word op die skouers gedra ná sy oorwinning Saterdag in die J-Bay Ope-branderrykampioenskap in Jeffreysbaai. ’n Jaar gelede is sy branderrydrome byna gekelder deur ’n withaai. Foto: WSL World Surf League

Mick Fanning van Australië word op die skouers gedra ná sy oorwinning Saterdag in die J-Bay Ope-branderrykampioenskap in Jeffreysbaai. ’n Jaar gelede is sy branderrydrome byna gekelder deur ’n withaai. Foto: WSL World Surf League

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Jaar nadat ’n haai Mick Fanning se wenkans ‘verdrink’ het, was die Australiër terug op Jeffreysbaai om die J-Bay Ope-titel te verower.

Fanning het John John Florence van Hawaii Saterdag in ’n taai eindronde in helder branders van tussen 1 m en 1,3 m hoog geklop.

’n Groot skare het die bekende supertubes volgepak in afwagting op Fanning se terugkeer tot die kruin van die golwe ná die byna tragiese gebeure in 2015 toe hy deur ’n grootwithaai gestamp is. Danksy die blitsige optrede van reddingspanne in die water, is Fanning na veiligheid gebring, maar die kompetisie is afgelas en die eindstryd gelykop verklaar.

“Daar was ’n groot opwelling van emosie om vanjaar hierheen te kom.

“Ek is bly dat ek foute kon kom regstel,” het Fanning ná afloop van die kompetisie gesê.

Die J-Bay Ope-titel is Fanning se 22ste kampioenskapoorwinning en sy vierde by die J-Bay Ope.

Dit ewenaar Kelly Slater se 22 oorwinnings.

Fanning het vanjaar Filipe Toledo (Brasilië) en Julian Wilson (Australië) in die eindstryd uitgeknikker.

Fanning, wat ’n jaarlange ruskans ná die haaidrama geneem het, neem net aan sekere toernooie deel en het met dié oorwinning van die 16de tot die vyfde plek op die wêreldranglys gevorder.

“Dit was belangrik om na Jeffreysbaai terug te keer en nie angsbevange te wees nie. En hoe kon ’n mens wegbly van sulke mooi mense en omgewing,” het die kampioen geflikflooi.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/Sport

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.