Gamtoos-boere se water met 60% gesny

2017-07-06 06:01
Die Kouga-dam was verlede Woensdag slegs 18% vol. Foto:WERNER HILLS

Die Kouga-dam was verlede Woensdag slegs 18% vol. Foto:WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE watertoegewing aan die Gamtoosvallei-besproeiingsboere uit die Kouga-dam is weens die volgehoue droogte vir die nuwe waterjaar met 60% gesny.

Die nuwe waterjaar het vandag begin en eindig op 30 Junie, aanstaande jaar.

Op korttermyn is daar geen vooruitsig op reën wat afloop na die dam kan verseker nie, en die besproeiingsraad doen ’n op boere om water sover moontlik gelykmatig aan te wend.

Pierre Joubert, hoof van die Gamtoos-besproeiingsraad, sê hoewel die 60% drasties is, is die boere bly dat dit minder is as die 90% wat baie boere verwag het.

“Uiteraard kan boere nou effens beter asemhaal en bly hoop dat reën binnekort verligting sal bring. Die Kouga-dam was verlede Woensdag slegs 18% vol.

“As boere die gewone toekenning ontvang het, sou dit 8 000 m³/ha beloop het. Maar, aangesien die toekenning 40% is, beteken dit dat hulle nou 3 200 m³/ha vir die waterjaar het.

“Die Departement van Waterwese het die toekenning gegrond op ’n aanname dat geen water die Kouga-dam binnevloei nie. Daar is wel deur die jaar water wat invloei.

“Ons wil daarom ’n dringende beroep op die besproeiingsboere doen om die watergebruik egalig deur die jaar te versprei, anders kan die toekenning sommer vroeg in die waterjaar opgebruik wees.”

Volgens Hugh van Niekerk, streekbestuurder van die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Port Elizabeth, word geen reën meer as 5 mm die volgende sewe dae in die Kouga-dam se opvanggebied verwag nie.

Daar is ’n skrale moontlikheid van meer as die gewone reënval in Julie en Augustus, maar dit sal waarskynlik nie genoeg wees om die dam te vul nie.

“Dít sal slegs gebeur as ons ’n hewige, geïsoleerde storm kry wat genoeg afloop veroorsaak. Tans dui die weermodelle nie op so iets nie.”

Volgens Joubert is die grootste probleem dat die Kouga-dam se opvanggebiede in ’n lae­reënvalgebied is. Die gebied wes van Port Elizabeth is in die oorgangsgebied tussen die somer- en winterreëngebiede. Die gevolg is dat die somer se donderstorms gewoonlik oos van die gebied vorm.

“Goeie neerslae kom dus nie in die somer hier voor nie, want hierdie donderstorms wat uit tropiese lugmassas ontwikkel, vorm gewoonlik oos van die gebied,” sê hy.

Petrus (Spes) du Preez, voorsitter van die Gamtoos-landbouvereniging, sê boere het in werklikheid net een hoop.

“En dis ons hemelse Vader. Die Gamtoos het nie alternatiewe waterbronne nie. Ons het in die afgelope seisoen begin om produkte soos mielies en kontantgewasse te verminder om water te bespaar met die oog op min of geen reën in die seisoen Julie 2017-Junie 2018.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/News
 

How to get rid of fleas

Before you call in the pricey exterminators, try this DIY approach that promises to get your flea problem under control.

 
 

Paws

12 Cool cat facts
Chocolate can be fatal for dogs
Spider-man star's adorable relationship with his dog
Do you know what you are feeding your dog?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.