Gamtoos-ekspo wys jongste landboutoerusting

2016-11-03 06:01
Die flambojante aktrise en sangeres, Sarah Theron.                  Foto: VERSKAF

Die flambojante aktrise en sangeres, Sarah Theron. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

PATENSIE is die naweek dié plek om te wees - hier gaan lekker gekuier word.

Die gewilde Gamtoos-ekspo, ten bate van die Laerskool Gamtoosvallei in Patensie, vind op 4 en 5 November by die skool en Patensie Sitrus plaas.

Die ekspo is dié bymekaarkomplek vir ’n ieder en elk wat in landbou-toerusting, landbouprodukte, tegnologie en nuwe navorsing belangstel. Die vernaamste trekkerhandelaars, motorhandelaars, verskaffers van die nuutste landboutegnologie en agente van werktuie vir sitrus, groente en verwante landboubedrywighede sal hul ware by die ekspo uitstal en demonstreer.

Buitelug en 4-trekvoertuig aktiwiteite sal deur uitstallings en tentoonstellings beklemtoon en toegelig word.

Nóg ’n groot aantrekkingskrag is die plaasmark waar besoekers vars groente en vrugte asook allerlei lekkernye en ware van die Oos-Kaapse plase kan proe en koop. Tussendeur kan besoekers eet, drink en gesellig in die skaduryke teetent kuier, terwyl die kleingoed na hartelus baljaar.

Die Vrydag om 12:30 gaan die stoom trek wanneer Kouga se jong kokke hul slag tydens die Gamtoos Kokkedoortjie-kompetisie wys. Die inskrywingsgeld is R50 per deelnemer.

Die aksie beweeg later van die kombuis na die krieketveld waar die kolwe en voete vanaf 14:30 behoorlik gaan klap wanneer krieketspelers van verskillende skole mekaar die stryd op die sportgronde aansê.

Ekspo-gangers kan die aand aan sappige biefstuk smul, terwyl Jacques de Coning die aand op ’n hoë noot afsluit. Die koste is R100 per persoon.

Die Saterdagoggend skop met ’n sake-ontbyt om 08:30 af. FNB-ekonoom Dawie Maree gaan interessante brokkies oor die huidige ekonomie in Suid-Afrika deel, terwyl die blinde, internasionale motiveringspreker Hein Wagner die ontbyt-eters met waardevolle pitkos sal laat.

Kaartjies kos R125 per persoon of R1 000 per tafel van agt, en sluit ontbyt in.

Die flambojante aktrise en sangeres, Sarah Theron, en koskenner Francois Ferreira vermaak dames tydens ’n spesiale damesmiddag om 12:30.

Kaartjies kos R100 per persoon en sluit ’n ligte middagete in.

Moet nie van die rugby-aksie vergeet nie.

Jong rugbyspelers word vanaf 10:00 tot 11:00 tydens die Future Kings Oefenkamp oor die “geheime” van rugby touwys gemaak. Om 11:00 pak die o.9-span van Gamtoosvallei die spelers van Paul Sauer, terwyl die o.11 Gamtoosvallei-rugbyspan om 11:30 hul tuisveld teen Paul Sauer sal verdedig. Die hoofwedstryd tussen Patensie en die Crusaders vind om 16:00 plaas.

Die opening van die Laerskool Gamtoosvallei se paviljoen vind om 15:00 plaas.

Die Rugby-Bal-Val is ook op die program.

Die toegang is R30 vir volwassenes en R10 vir skoolkinders. Die hekke open om 12:00 op 4 November en om 08:00 op 5 November.

Vir meer inligting, skakel 083 556 3206 of 082 478 0193. Stuur ’n epos na info@gamtoos.co.za of besoek www.gamtoos.co.za.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Coffin case back in court

37 minutes ago

Inside News24

 
Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

Embracing sustainability in tobacco agriculture

In Sub-Saharan Africa, farming represents a subsistence lifestyle for millions of people. In recent years though, the development of farming into an economic activity has made a real change in how the land is used in providing for the population.

/Africa
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.