Gamtoos kan lelik ly as dit nie gou reën

2017-08-17 06:01

GROOT oes- en arbeidsverliese, wat uiteraard rampspoedig kan wees vir die landbou in die Gamtoosvallei, kan verwag word as dit nie binne die volgende maand of drie genoeg reën om verligting te bring nie.

Dié waarskuwing kom van Spes du Preez, voorsitter van die Gamtoos-landbouvereniging.

Die Gamtoosvallei is een van die land se grootste sitrus-uitvoerders, terwyl dit as die spens van die Oos-Kaap bekend staan vanweë sy produksie van groente en mielies.

Die vlak van die Kougadam, wateraar vir besproeiingsboere van die vallei, het Vrydag op slegs 14,6%, die laagste vlak sedert 26 Julie 1992, gestaan, terwyl streng waterbeperkings van 60% vir die nuwe waterjaar op 1 Julie 2017 ingeskop het.

As besproeiingsboer sal ’n mens altyd bekommerd wees as die vlak van jou waterbron op laer as 15% is, veral as dit die enigste bron is, en die langtermynvoorspellings so nega-tief is soos wat tans die geval is, het Du Preez gister gesê.

“Ons bestaan en oorlewing is gewasproduksie onder besproeiing, en minder hulpbronne beteken laer produksie en laer inkomste. Gelukkig is dit winter en kan ons almal besnoei sonder noemenswaardige oesverliese vir die huidige seisoen.

“Groenteboere het egter ander uitdagings. Hulle moet deurlopend aanplant en oes, aangesien die meeste deesdae leweringskontrakte met ontvangers het.

“Dit is ook die groep wat die meeste boor vir water – en ook maar met gemengde resultate.

“Die Gamtoos is ongelukkig nie bekend vir goeie ondergrondse water nie.”

Volgens Du Preez gaan die groot toets kom in die tydperk van Oktober tot Maart. Dit is die kritieke periode in sitrus se groeisiklus wanneer die oesgrootte en -gehalte bepaal word.

Ons sal oes- en arbeidsbesnoeiing later in die seisoen kan bepaal as die tendens van geen of min reën tot later in die jaar sou duur. Dit kan uiteraard rampspoedig wees.”

Pierre Joubert, uitvoerende hoof van die Gamtoos-besproeiingsraad, het gesê met die vlak van die Kougadam op slegs 14,6% heers daar groot kommer oor die situasie.

“In die algemeen hou die boere by die beperkings, maar daar is wel ’n paar wat nie merkbaar minder (water) gebruik nie. Hulle is daaroor gewaarsku. Daar is reeds mense wat nie kan werk nie weens die waterskaarste.

“Dan praat ons nie eens van die finansiële gevolge vir die hele Gamtoosvallei nie.”

Volgens hom is die grootste probleem dat die Kougadam se opvangsgebied in ’n laereënvalgebied lê. Die gebied wes van Port Elizabeth is in die oorgangsgebied tussen die somer- en winterreënvalgebiede.

“Goeie neerslae kom dus nie gereeld in die somer hier voor nie, want donderstorms vorm gewoonlik oos van dié gebied,” het hy bygevoeg.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.