Gamtoosvallei kan gou varsprodukte kort kom

2017-04-13 06:00

INDIEN deurdringende reën nie binnekort in die opvanggebied van die Kougadam val nie, kan daar ’n groot tekort aan groente en vrugte in die Gamtoosvallei ontstaan, sê Petrus (Spes) du Preez, voorsitter van die Gamtoos-landbouvereniging.

Hierbenewens gaan 1 000 werkgeleenthede verlore vir elke 10%-vermindering in die waterkwota van besproeiingsboere in die spens van die Oos-Kaap, soos die Gamtoosvallei bekend staan.

As die reën, volgens Du Preez, nog nie teen 1 Julie, wanneer die nuwe waterjaar ’n aanvang neem, gekom het nie, kan erge beperkings die Gamtoos in die gesig staar.

Die dam se vlak het al tot onder 27% gedaal en daar is nie baie hoop op goeie neerslae voor die winter nie.

“Ons het in werklikheid net een hoop, en dis ons Hemelse Vader,” sê ’n baie bekommerde Du Preez.

“Die Gamtoos het nie alternatiewe waterbronne nie. Ons het reeds in die afgelope seisoen begin om produkte soos mielies en kontantgewasse te verminder om water te bespaar met die oog op geen of lae reënval vir die Julie 2017-Junie 2018-seisoen.

“Hoewel ons die ongebruikte waterkwota wat jaarliks aan ons besproeiingsboere toegeken word nie kan oordra na die volgende seisoen toe nie, is dit ’n beginselsaak om te probeer bespaar waar ook al moontlik,” het Du Preez bygevoeg.

Hy sê die boere se strategie sal wees om te aanvaar dat die Gamtoos se toekenning gering sal wees, om kontantgewasse uit te skakel waar daar sitrus op ’n plaas is en ’n droogtebestuursplan van besproeiing vir alle gewasse nou al te bepaal met die hulp van die beskikbare konsultante en tegnologie.

“Gelukkig is dit vir ons geen vreemde konsep nie,” het Du Preez bygevoeg.

Volgens Pierre Joubert, uitvoerende hoof van die Gamtoos-besproeiingsraad, het ’n opname van ’n paar jaar gelede getoon dat 10 000 werkgeleenthede in die vallei geskep word wanneer boere wat van besproeiingswater afhanklik is hul volle toegekende waterkwota ontvang.

Daar gaan egter 1 000 werkgeleenthede verlore vir elke 10%-daling in die jaarlikse kwotatoekenning aan besproeiingsboere.

“Hoe laer die Kougadam se vlak daal, hoe meer bekommerd raak ons. As ons nie voor die einde van Junie ’n goeie styging in die dam se vlak kry nie, kan die besproeiers kwaai beperkings verwag,” aldus Joubert.

Die dam se opvangsgebiede is in ’n gebied wes van Port Elizabeth wat die oorgangsgebied tussen die somer- en winterreënvalgebiede is. Die somerdonderstorms, wat uit tropiese lugmassas ontwikkel, vorm gewoonlik oos van die gebied.

Dit beteken dat goeie neerslae nie in die somer hier voorkom nie, terwyl die kouefronte in die winter reeds uitgereën is wanneer dit dié gebied bereik.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

French Bulldog helps kids with facial differences

Lentil Bean is a french bulldog who was born with a severe cleft nose, lip and palate.

 
 

Paws

Weird things dogs do
Makeover saves dog’s life
For the love of Corgis!
Can we communicate with our pets?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.