Geldman word internasionaal erken

2017-08-31 06:00
Louis Rautenbach (55), die kredietbestuurder van die Humansdorp-koöperasie, in Augustus vanjaar as ’n internasionale professionele kredietkundige (CP) by die Globale Sertifiseringsentrum van Kredietbestuurspraktisyns (GCMP) geregistreer.                                                                                    Foto:MONIQUE BASSON

Louis Rautenbach (55), die kredietbestuurder van die Humansdorp-koöperasie, in Augustus vanjaar as ’n internasionale professionele kredietkundige (CP) by die Globale Sertifiseringsentrum van Kredietbestuurspraktisyns (GCMP) geregistreer. Foto:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

LOUIS Rautenbach (55), kredietbestuurder van formaat met drie gesogte toekennings op sy kerfstok, is nou bekend as een van slegs vier geregistreerde, internasionale kredietpraktisyne - die enigste in die Oos-Kaap en landboubedryf.

Na jare se harde werk, vele benoude oomblikke en ’n kopkrap-eksamen, is Rautenbach ’n wêreld geldman.

Die kredietbestuurder van die Humansdorp-koöperasie is in Augustus vanjaar as ’n internasionale professionele kredietkundige (CP) by die Globale Sertifiseringsentrum van Kredietbestuurspraktisyns (GCMP) geregistreer. Dié sertifisering word in samewerking met die Suid-Afrikaanse Federasie van Kre-dietbestuur gedoen.

Dit was so byna of Rautenbach het nie die kwalifiserende eksamen voltooi nie.

Met sy eerste probeerslag kon hy weens ’n tegniese fout nie die eksamen klaarmaak nie.

Slegs dae later het hy vir ’n tweede keer die papierwerk aangepak. Benoud dat hy sy tweede kans en die spertyd sal mis, het hy net daar, voor die televisie waar hy een van sy boeke vertaal, weggeval om die vrae te beantwoord.

Rautenbach sê: “Daar was sommige konsepte waarmee ek nie vetroud is nie, en hoewel dit moeite geverg het en ’n paar slapelose nagte tot gevolg gehad het, is die internasio-nale erkenning ’n besonderse voorreg. Dit is die beloning van jare se harde werk, deursettingsvermoë en lojaliteit.”

Wat beteken die sertifisering vir Rautenbach?

“Dit is ’n groot eer en plaas ’n sekere premie op die gehalte personeel wat die Humansdorp-koöperasie in diens neem, en gee klante die vesekering dat dié koöperasie gekwalifiseerde mense aanstel.”

Volgens Rautenbach streef hy daarna om sy kennis deur middel van opleiding in ander te laat voortleef.

“Ek het die grootste waardering vir die di-reksie en bestuur van die Humansdorp-koöperasie wat my die geleentheid bied om myself te ontwikkel,” sê Rautenbach. “In die 35 jaar wat ek werk, het ek nog nooit met so ’n dinamiese leierspan saamgespan nie.”

Uitsonderlike prestasies is nie onbekend aan Rautenbach nie.

In 2016 is hy as professionele kredietkundige by die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-outo-riteit (SAQA) geregistreer.

Dit volg na die gesogte nasionale toekenning as professionele kredietkundige wat in 2012 deur die Instituut vir Kredietbestuur aan hom toegeken is. Dit is die eerste keer dat dié toekenning, wat uitstaande prestasie in die kredietomgewing erken, deur ’n Oos-Kapenaar en krediethoof van ’n landbou-instelling opgeraap word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.