Geliefde Jeffreysbaaier groet vir oulaas

2016-11-24 06:01
Pastoor Fred Zeeman, bekende en geliefde inwoner van Astonbaai, is hierdie week Dinsdag vanuit die AGS-kerk in Dolly Varden-straat, Jeffreysbaai begrawe.   Foto: VERSKAF

Pastoor Fred Zeeman, bekende en geliefde inwoner van Astonbaai, is hierdie week Dinsdag vanuit die AGS-kerk in Dolly Varden-straat, Jeffreysbaai begrawe. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

PASTOOR Fred Zeeman, bekende en geliefde inwoner van Astonbaai, is hierdie week Dinsdag vanuit die AGS-kerk in Dolly Varden-straat, Jeffreysbaai begrawe. Hy is verlede Dinsdag op 79-jarige ouderdom by sy huis in Astonbaai oorlede.

Fred is op 29 Mei 1937 in Rondebosch in die Kaap gebore en het daar opgegroei. Hy het as jong seun sy lewe aan die Here oorgegee en het al as 12-jarige met ywer begin preek wanneer hy ’n kans kry! Daarna het hy nie weer opgehou evangelie verkondig nie. Hy het in Portugal gepreek, later in Engeland, en toe verskeie dorpe in Suid-Afrika deurreis. Die Assemblies of God-kweekskool en Oral Roberts-universiteit in die VSA het hom geskool. Hy het ’n Bezuidenhoutsvallei-gemeente bedien en verder hoofsaaklik evangelistiese werk verrig.

By sy vele aktiwiteite was hy aktief by SA sokker betrokke. Hy was ’n geakkrediteerde nasionale skeidsregter. Hy was ook vir ’n lang tydperk ’n raadslid van die SA Nasionale Sokkervereniging.

Hy het vir verskeie jare in Astonbaai gewoon en was besonder aktief op vele kerklike vlakke. Hy was in organiserende hoedanigheid en andersins by die stigting van ’n AGS-gemeente in Pellsrus betrokke. Hierdie gemeente het vinnig en sterk gegroei onder sy en past Gerrie Kriek se leiding.

Past. Fred was vir ’n groot deel van vyftig jaar in die pastorale bediening, onder andere as sekretaris vir die Oral Roberts-bediening. Van sy vele aktiwiteite was ’n manne-sanggroep wat wyd getoer en opgetree het. Hy het selfs twee LP’s vrygestel. Hy het ook skouer aan die wiel gesit in verskeie uitreikings van sy kerk, o.a. as dosent in ’n die Oos-Kaapse kampus van die AGS-Teologiese Kollege.

Amptelike openings van Kouga Munisipaliteit is ge-reeld deur hom waargeneem, en hy het deeglike kennis gedra van gebeure in die kerklike en publieke lewe. Daarby was hy wyd betrokke by noodleniging op persoonlike en kerklike vlak. Sy evangelisasie-ywer en ander hulp het buite die grense van sy eie kerk gestrek. Waar van sy bekwame hulp gebruik gemaak kon word, het hy nooit teruggestaan nie. Meeste van sy betrokkenheid het hyself gefinansier.

Sy afsterwe laat ’n leemte op baie gebiede, en letterlik duisende mense in die land betreur sy heengaan.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Who will lead the ANC?

2017-01-22 00:07

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
How much food do you need to concentrate?

We have been taught that we need three meals a day in order to make it through the day and while most of us indulge in more than our fair share there is a large portion of South Africans who are living off barely enough to sustain them.

/World

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.