Gemeenskap dreig om Patensie tot stilstand te bring

2017-06-08 06:01

HULLE het in een naweek twee jong mense aan ’n grusame dood afgestaan, en as die polisie nie vinnig ingryp om die gemeenskap van Patensie te beskerm nie, sal hulle dié dorp tot stilstand bring.

Dit was Dinsdag die inwoners se dreigement buite die dorp se landdroshof, waar die beskuldigdes in twee afsonderlike moordsake verskyn het.

’n Groot aantal mense het opgeruk na die hof, waar hulle ’n griefskrif oorhandig het.

Dit kom nadat Monique du Plooy (23) en Lwando Swepu (18) op 28 Mei op dié dorp vermoor is, het kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, bevestig.

Du Plooy se vriend, Elwin Jacobs (25), is in verband met haar moord in hegtenis geneem.

“Hulle was omstreeks 02:00 op pad na ’n huis in Rooikloofstraat in Ramaphosa Village toe die man haar na bewering in ’n argument doodge-steek het,” sê Swart. “Hy is op dieselfde dag in die vroeë oggendure in hegtenis ge-neem.

Gemeenskapslede het glo Jacobs se huis aan die brand gesteek, maar volgens Swart is geen sake in verband daarmee geopen nie.

Du Plooy se pa, Lukas, het buite die hof beweer dat sy dogter “skelm moes kom kuier” omdat Jacobs haar glo nie wou toelaat om haar familie te sien nie.

Swepu se gesin was ook buite die hof, waar die beskuldigde in dié saak, Alwethu Mboniswa (26), verskyn het.

Mboniswa en Jacobs bly albei in aanhouding tot hul volgende verskyning op 13 Junie om hul aansoeke om borgtog voort te sit.

Swepu is op 28 Mei omstreeks 03:30 met talle steekwonde aan sy lyf in Ramaphosa Village gevind. Mboniswa is dieselfde dag in Hankey in hegtenis geneem.

Amos Mabukane, ’n raadslid, het gesê die gemeenskap het nou genoeg van die geweld gehad.

“Daar is net een polisievoertuig, en in die sitrusseisoen wanneer die uitlanders hier kom werk, neem die geweld toe. Ons kan dit nie meer duld nie. As die polisie nie binne ’n maand ingryp en optree om ons te beskerm nie sal ons dié dorp tot stilstand bring.”

Swart het ontken dat slegs een polisievoertuig beskikbaar is. “Daar is genoeg voertuie om na Patensie se sake om te sien. Dreigemente is nie die oplossing nie.

“Ons raai die gemeenskap aan om met die polisie saam te werk en ons in te lig wanneer hulle ontevrede is, want ons is nie bewus van enige klagtes nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.