Gemeenskapsleier beywer hom vir kliniek in Kruisfontein

2016-02-18 06:00
Gemeenskapsleier Jan Palmer (regs) en sy vrou Catherine (links) beywer hul vir die wel en wee van die Kruisfontein-gemeenskap. Inwoners Magrieta Jansen met Hayden Fortuin, Safiya Prins en Daleen Kiewiets staan bankvas agter die oprigting van ’n kliniek vir die gebied.          Foto: MONIQUE BASSON

Gemeenskapsleier Jan Palmer (regs) en sy vrou Catherine (links) beywer hul vir die wel en wee van die Kruisfontein-gemeenskap. Inwoners Magrieta Jansen met Hayden Fortuin, Safiya Prins en Daleen Kiewiets staan bankvas agter die oprigting van ’n kliniek vir die gebied. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

INWONERS in dié gebied kan moontlik binnekort die gerief van ’n kliniek en ouetehuis geniet as die Kouga-munisipaliteit die ja-woord gee.

Of die winterwind nou deur murg en been dring en of die son skroeiend neerbrand, moet Kruisfontein-inwoners soggens om halfvier reeds by die taxi-staanplekke toustaan om by die naaste kliniek in Arcadia te kom. Die kli-niek is 5km ver en as daar nie geld vir vervoer is nie, moet mense maar die lang pad aandurf en stap.

Daarom het jarelange Kruisfontein-inwoner en gemeenskapsleier Jan Palmer (76) besluit om ’n projek te begin met die mikpunt om ’n kliniek in Kruisfontein te bou.

Hy sê hy gaan hom nie deur begrotingstekorte laat stuit om gesondheidsdienste aan die agtergeblewe gemeenskap in die gebied te lewer nie. “Die inwoners hier het ’n eie kliniek broodnodig,” sê Palmer. Inwoners deel ook in sy geesdrif om dié noodsaaklike gerief na die buurt te bring.

Palmer het reeds ’n geskikte plek in die oog en wag net vir ’n gunstige antwoord van die munisipaliteit. Hy hoop om die beoogde kli-niek op die oop stuk grond langs die Congregational Church in Kruisfontein te laat bou.

“’n Kliniek móét in die gemeenskap wees. Dit is veral nodig vir die versorging van bejaardes en kinders. ’n Kliniek kan ’n middeweg tussen lewe en dood wees,” sê Palmer. “Afgesien van gesondheid op persoonlike vlak, is die gesondheid van ’n gemeenskap van kardinale belang as die gemeenskap wil vorentoe gaan en groei.”

Reeds jare gelede in 2012 is die idee van ’n kliniek gebore.

Die Palmer-gesin het in 2012 hul huis se deure vir die oumense en diegene met min-der-ernstige kwale wyd oopgegooi. Oor die jare het die toeloop van mense hul huisie van hoek tot kant begin volsit en werk hulle tans uit die gebou langs die Congregational Church oorkant die treinspoor.

Volgens Palmer het hy die die groot behoefte aan gesondheidsdienste onder sy mense raakgesien, en besluit om iets daadwerklik daaraan te doen. “Ek wil die minderbevoorregte mense help.”

Die dienste wat hulle gratis aan die gemeenskap bied, sluit in die neem van bloeddruk, die toets van suiker, en die weeg van babas en kinders. Verder doen hulle huisbesoek by diegene wat te swak is om te loop of wat bedlêend is.

“Ek raak bewoë in my siel wanneer ek sien diegene in magsposisies gee nie meer vir die minderbevoorregtes om nie. Vir my is God se genade genoeg.”

Palmer, wat in 1940 in Kruisfontein gebore is, het in 1998 die Kruisfontein-belastingbetalersvereniging op die been gebring, en het ’n groot rol gespeel in die oprigting van HOP-huise, asook in die landbousektor.

Hy is verder ’n ware steunpillaar wanneer dit kom by munisipale probleme. Hy neem gereeld inwoners na die plaaslike munisipa-liteit om hulle te help met probleme rakende water- of elektrisiteitsrekeninge.

Palmer het in sy jonger dae nagte omgery op soek na straatligte wat nie werk nie, en dit netjies op ’n kaart aangeteken wat hy dan aan die munisipaliteit deurgegee het.

Hoewel hy sê die ouderdom begin hom nou inhaal, droom hy daarvan om haweloses en mishandelde vrouens en kinders in die toe-koms te help, asook om ampsopleiding vir die jeug daar te stel.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.