Gert Kotzé - van plaasseun tot wêreldwyd

2017-02-16 06:01
Gert Kotzé.               Foto: VERSKAF

Gert Kotzé. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

JY kyk hom so – 87 in Junie, vanjaar – en jy besef nie dat sý soort Suid-Afrika gemáák het nie.

Want ’n Afrika-landjie word nie ’n uitblin-ker nie, tensy mense met murg in hul pype dit laat gebeur.

So iemand was Gert Kotzé – doelgerig, ambisieus en uitgebeitel om te lei. Luiaards, werkers sonder inisiatief en sonder werkstrots het nie plek in sy woordeboek nie. As jy in sý liga wou deelneem, moes jy ’n werkskultuur hê.

As Van Rhynsdorp-seun (op die rand van die Namakwaland) word hy ná matriek deel van die CNA-span in Johannesburg en is hy vir elf jaar takbestuurder. Medemenslikheid is egter net so ’n sterk deel van sy mondering as wat sy ambisie was, want hy keer terug na sy heimat, om sy verswakte vader met die boerdery en slagtery by te staan.

Drie jaar later, en terug in die Goudstad, besluit hy om by ’n topmaatskappy so gou moontlik die beste pos te beklee. Hy besluit op Shell SA en vorder van leerling-opslagbestuurder tot senior takbestuurder. Sy uitmuntende werketiek word beloon toe hy distrik-takbestuurder word.

Deur alles moes hy darem aan sy persoonlike lewe ook dink, maar om sukses vir sy famile, sy maatskappy en die land te bereik, was altyd deel van sy toekomsplanne. Hy beland in Durban as streeksberging- en hanteringbestuurder, met Natal, Oos-kaap en Wes-kaap onder hom. Om dié streke effektief te bestuur, moes hy oorvloedige vlugte in allerlei vliegtuie deel van sy lewenstyl maak; en in die proses het sy kennis van olieprodukte en -raffinadery opgehoop en verfyn.

Sy werksgesindheid word deur die Shell-reus raakgesien en in 1985 nooi Shell Internasionaal hom om oorsee te gaan vir ’n werk- en studietoer. Dit beland hom in Londen en Nederland. Terug in Londen beloon Shell hom met ’n “kies-enige-roete-terug-Suid-Afrika”-toe kaartjie! En so beland hy in wyer dele van Brittanje, in Nederland, ander Europese lande en in Israel.

Toe hy Shell op vroeë pensioen verlaat, was hy nog nie uitgekuier in die werkplek nie, en vir vyf jaar behaal hy besondere sukses in die eiendomsbedryf. Op sestig besluit hy dat hy sy deel vir volk en vaderland gedoen het, en hy tree in 1990 in Jeffreysbaai af. Sedertdien leef hy rustiger, hoewel nie onbetrokke nie. Hy geniet die tagtigs en, as hy kan, mis hy geen kerkdiens nie.

Die impak van hierdie Van Rhynsdorp-seun op ’n wêreldreus soos Shell, word weerspieël in ’n persoonlike brief van die Shell-grootbaas in Suid-Afrika: “Dear Gert, with your impending retirement now very close I would like to on behalf of the management of Shell thank you for the very significant contribution which you have made to the company over a long period. It is contributions such as this which have helped to make us number one in the market. You and I have personally known each other for a long time and I would like to offer my personal thanks and my good wishes for a long and happy retirement. Kind regards.

En dáár is oom Gert in ’n neutedop: gedissiplineerd, nederig en Godvresend. Nasiebouer. Sout van die aarde.

En – hy vat geen nonsens van kabouters nie!

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Durban fire under control

2017-03-26 17:03

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.