Geseënd om sy lewenslange begeerte te kan uitleef

2016-11-10 06:01
BO: Na byna vier dekades  in die korporatiewe wêreld, het Sias Odendaal (76) van Jeffreysbaai besluit hy tree af. Byna die volgende dag het hy begin om modelle van bekende skepe van die jare toet op skaal te bou. Nou, vyftien jaar later, sy eerste pophuis.                                                                  Foto’s: MONIQUE BASSON

BO: Na byna vier dekades in die korporatiewe wêreld, het Sias Odendaal (76) van Jeffreysbaai besluit hy tree af. Byna die volgende dag het hy begin om modelle van bekende skepe van die jare toet op skaal te bou. Nou, vyftien jaar later, sy eerste pophuis. Foto’s: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HY hou die klein 2mm plankie omhoog. Dis perfek gesaag om, net soos die ander honderde ewe dun plankies uiteindelik ’n plankie-pop-huis te word.

Sias Odendaal (76) van Jeffreysbaai vertel hoe versigtig ’n mens dié papierdun moet saag, ek kan nie glo dat dié groot hande van hom sulke fyn kunswerk só uitstekend kan doen nie. Elke plankie, elke afwerking is perfek - ’n onverwoesbare getuie van maande se versigtige harde werk.

Na byna vier dekades in die korporatiewe wêreld, wat hom oor stede en kontinente ge-neem het, het Sias besluit hy tree af. Maar só ’n besig man kan mos nie maklik stilsit nie, gevolglik het hy feitlik die volgende dag al begin om modelle van bekende skepe van die jare toet op skaal te bou.

Nadat ses modelle (die Royal Hunter, Mayflower, H.M.S. Victory, Royal Louis, ’n deursnit van die H.M.S. Victory, en die Vriesland) voltooi was s en daar “nie meer plek in die huis” nie em moes hy ’n ander stokperdjie vind om sy tyd mee te verwyl.

Tydens ’n besoek aan hul kinders in Vermont in Amerika en ’n besoek aan ’n uitstal-ling van pophuise het Sias besluit hy gaan ook só ’n ragfyn huisie bou.

Aangevuur deur haar man se geesdrif vir sy nuwe stokperdjie, is Annatjie (73) sy ge-troue regterhand.

Sias glimlag. “Die lewe is nou éérs lekker. Dit is nie aldag dat ’n mens die geleentheid kry om jou jarelange begeerte uit te leef nie, al is jy verby die sewentigmerk.”

Hy en Annatjie se pragstuk is ’n poeierblou, Victoriaanse dubbelverdieping-pophuis, kompleet met meubels en kandelare wat brand.

“Behalwe vir die dakpanne, deurklopper en posbus wat van Vermont in die VSA kom, het ek en Annatjie verder alles self gemaak.”

Hy swyg ’n rukkie om die pophuis so ’n bietjie met sy wit sakdoek af te vee. Hy sê dit is stof, ek sien niks nie.

Is hy ’n perfeksionis?

Dis asof hy my gedagtes kon lees: “Die bouery gaan maar stadig. Dit het ons ses maande geneem om te kom waar ons vandag is, en ons het nog nie eers met die meubels begin nie.

“Die saagproses gaan ure se meet en beplanning vooraf. Dit is nie net vir saag en klaarkry nie. Die masjien moet vir elke verskillende plankie presies ingestel word en daar moet baie versigtig gewerk word om foute en bese-rings te voorkom.

“Verder is sulke delikate werk baie moeilik vir dik vingers. Ek moes oor die jare noodgedwonge leer hoe om met ’n haartangetjie te werk.”

Sias vertel trots dat hulle self die fassieplankies (fascial boards) ontwerp het. Verder het hulle self die outydse plafon, vloerlys, traprelings, trappe en vensters gemaak. Selfs die vensters kan oopmaak om Jeffreysbaai se vars seebries in te laat.

Die wit stoeprelings laat ‘besoekers’ dadelik tuis voel, terwyl die kandelare elegansie aan die huis verleen. Muurpapier en Dado-relings rond die huis binne af.

Die pophuis spog met ’n slaapkamer, badkamer kompleet met ’n porselein bad en toilet, ’n kombuis, biblioteek, sitkamer, eetkamer en speelkamer.

Maar dit was nie aldag ’n maklike, of selfs genotvolle, taak nie, sê Annatjie.

“Daar was ’n dag toe hy die onvoltooide huis summier wou stukkend gooi. Die saag het bly skeeftrek en wou dinge net nie reg werk nie.”

Sias lyk sommer weer vies.“Dit is ’n wonderlike saag, maar ’n pes van ’n saag. En die ding staan nie verniet as die amputeerder bekend nie. Daar het al so baie mense hul vingers verloor dat die vervaardigers te saag aan die mark onttrek het.”

Ek kyk na die Odendaals se hande, tel 20 vingers.

“Ons het die streng reel dat ons hande nie naby die lem mag kom nie. Ons werk baie versigtig. Ek het ’n plan prakseer waar ek aan die een kant die plank instoot en Annatjie die plank aan die ander kant uittrek sonder dat ons te naby aan die lem hoef te kom. Dit werk soos ’n droom.”

Hierdie week nog begin hulle om die pophuis se meubels te maak. Annatjie en van haar vriendinne is reeds hard aan die werk is om kloskantgordyne vir die vensters te maak. Sias en Annatjie beplan om banke, kaste, ’n stoof, boekrakke, tafels, bed en selfs ’n kaggel te bou.

Wanneer hy die eetkamerstel klaar het, kan ek vir hom die tafel dek!” skerts Annatjie en trek haar skatkis vol miniatuur bordjies, bekertjies, glas, eetgerei en wynbottels na-der.

Dink hulle daaraan om ’n tweede pophuis te bou? Daar is altemit twee kleinkinders wat te lekker pop-pop in die pragtige huisies sal speel?

“Ons dink nie so lank vooruit nie,” keer Annatjie laggend.

“Die meubels moet eers klaar gebou word. En as dit oor 100 jaar klaar is, dan sal ons kyk of ons nog genoeg krag oor het vir ’n tweede pophuis.”

Tot dan sal hul eerste pophuis ’n ereplek in hul studeerkamer hê. Dalk iewers naby die spoggerige H.M.S Victory wat trots in ’n glaskas bo die lessenaar pronk.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/Sport

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.