Golwe, duine, dolfyne & fietsroetes

2016-02-11 06:00
Jeffreysbaai en omstreke ís waarlik die eenstop-alles-vakansie: roei, seil, vlieërplankry, visvang, fietsry en ... noem maar op!  Foto’s: Jacques Marais

Jeffreysbaai en omstreke ís waarlik die eenstop-alles-vakansie: roei, seil, vlieërplankry, visvang, fietsry en ... noem maar op! Foto’s: Jacques Marais

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Ek wil nou nie hoes, paap of lippe klap nie, maar 2015 was ’n lang jaar. Teen einde Desember was my gô geheel en al uit, en dit was sonder twyfel tyd vir ’n ordentlike vakansie, vêr weg van die malle stadsgejaag. Dus het ons vroeg in Januarie die bakkie begin pak en met branderplanke, fietse, kinders en kajakke koers gevat lekker ou Oos-Kaap toe.

Ons idee was Jeffreysbaai – my ouers het daar afgetree – maar dié tyd van die jaar is hierdie kusdorp tot barstens toe vol, en ons het toe maar Astonbaai gekies as ons Plan B.

Geen winkelsentrums, geen hotelle, geen verkeersligte en geen verkeer nie; dis ’n gesinsparadys. Ook geen wonder die naam van die dorpie aan die oorkant van die rivier is Paradysstrand nie.

Daar is darem ’n Portugese peri-peri-restaurant en ’n soort 7-Nege-winkeltjie vir brood, melk en ander dergelikhede. Andersins kan jy natuurlik wag vir “Die Melck Man” se drywende winkel, indien jy gelukkig genoeg is om langs Marina Martinique se kanale te bly.

Elke oggend so skuins ná sonop sal jy die huisboot, wat aan Nicholas Melck behoort, êrens op die marina sien rondvaar, vol vars ciabatta-brode, muffins, skons, croissants, melk en so meer. Jy fluit net hard genoeg, dan gooi hy anker teenaan jou blyplek en jy doen jou aankope sommer in jou swembroek!

Daar is ook heelwat ander dinge wat jy hier op die rand van die amper-Sonskynkus kan doen. Bring jou SUP-roeiplank en verken die waterweë staan-staan, of gaan kajak waar die rustige Seekoeirivier by Aston in die oseaan uitmond.

Daar is ook ’n klein natuurreservaat waar ’n mens kan draf, stap en voël­kyk (flaminke en pelikane moet sekerlik op jou lysie wees).

Indien jy lus is vir ’n langer draf of stap, wag daar goed 20 km se ongetemde kus by Kaap St. Francis verby tot by Oesterbaai. Die kanse is uitstekend dat dit net jy en die seemeeue hier teen die Indiese Oseaan gaan wees, want groot dele van die kuslyn is geproklameer as bewareas of private natuurreservate.

Mik egter verder oos teen die kus op en jy sal by Jay-Bay-proper beland. Hier wag op jou strande soos supertubes – wat bekendheid verwerf het in kultusflieks soos The Endless Summer. Indien jy dapper genoeg is, kan jy die legendariese golwe hier aandurf.

Ek hou van branderplank ry, maar tubes sal vir my wees soos om Wimbledon met ’n stokou houtraket en plaashek-voorhand te pak. Gelukkig ken ek die breek by Kitchen Windows – met Phantoms net ’n bietjie verder uit op die punt – en dis die perfekte speelplek vir my.

Dis ook reg langs die hoofstrand, waar die kinders in die golwe kan baljaar of op die waterwurm kan gaan jol.

Moeg vir sand en seelug? Saal jou bergfiets op en mik na die Impala Ranch (www.­fattracks.­co.­za) of die ongelooflike roetes by die Jbay MTB Park (www.3riverstrails.co.za).

Beide bestemmings is minder as 20 min se ry van Jeffreysbaai en bied wêreldklas-roetes vir stap, bergfietsry en veldhardloop in die natuur. Op die koop toe is daar heelwat wilde diere en voëls te sien.

Al wat ’n mens aan die einde van so vakansie kan sê, is: “Oos-Kaap, jou lekker ding!”

Meer inligting en resultate is by www.­visiteasterncape.­co.­za beskikbaar.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.