Groter verbod, hoër tariewe vir water

2017-07-20 06:00
WATERSKEDULES: Kouga sal vanaf Augustus Skedule C-noodtariewe (die derde voorbeeld) implementeer. Die voorbeeld is uitgewerk vir ‘n huishouding wat 27kl water per maand verbruik. Skedule B-tariewe (die tweede voorbeeld) is die afgelope ses maande in gebruik.   Foto:VERSKAF

WATERSKEDULES: Kouga sal vanaf Augustus Skedule C-noodtariewe (die derde voorbeeld) implementeer. Die voorbeeld is uitgewerk vir ‘n huishouding wat 27kl water per maand verbruik. Skedule B-tariewe (die tweede voorbeeld) is die afgelope ses maande in gebruik. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SKERP tariefverhogings en ‘n groter verbod op waterverbruik staar Kouga-inwoners in die gesig.

Kouga-burgemeester Elza van Lingen het vandeesweek aangekondig dat die munisipaliteit se noodtariewe vir water (skedule C van die goedgekeurde watertariewe) vanaf 1 Augustus 2017 in werking sal tree.

Noodtariewe word reeds in die Nelson Mandelabaai Metro toegepas, wat hul water vanaf dieselfde damme as Kouga kry.

“Die voortslepende droogte laat ons ongelukkig geen keuse nie,” het die burgemeester gesê.

“Water is kosbaar en met die damme wat leegloop, is elke druppel goud werd. Ons doen ’n ernstige beroep op alle inwoners en besighede om minder water te gebruik, andersins sit ons eersdaags met droë krane.”

Kouga het voorts opdrag vanaf die Departement van Water en Sanitasie gekry om waterverbruik met 25% te sny. Die Departement is die nasionale owerheid verantwoordelik vir die land se waterbronne en het ook dieselfde opdrag aan die Metro gegee.

“Dis ‘n groot sny. Basies moet ons almal nou ‘n kwart minder water as gewoonlik gebruik. Die besparing is nodig sodat die bietjie water wat ons het, so lank moontlik kan hou,” het Van Lingen gesê.

Die Kouga-raad het die munisipale area reeds in Mei tot ’n plaaslike rampsgebied verklaar. Skedule B-tariewe en waterbeperkings is sedert die begin van die jaar in werking.

“Die rampsverklaring is sedertdien gepromulgeer wat die munisipaliteit in staat stel om vir noodbefondsing vanaf die provinsiale en nasionale regerings aansoek te doen,” het die burgemeester gesê.

“Die noodplan sal ook eersdaags voor die raad gelê word en sal, onder meer, noodmaatreëls soos die sink van ekstra boorgate en waterherwinning-opsies insluit.”

Volgens die Skedule C-noodtariewe, styg die prys wat inwoners vir water sal moet betaal vanaf R8,87 (BTW uitgesluit) tot R11,63 (BTW uitgesluit) vir die eerste 12kl. Verbruik hoër as 12kl sal aangeslaan word teen R29,34/kl (BTW uitgesluit).

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

French Bulldog helps kids with facial differences

Lentil Bean is a french bulldog who was born with a severe cleft nose, lip and palate.

 
 

Paws

Weird things dogs do
Makeover saves dog’s life
For the love of Corgis!
Can we communicate with our pets?
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.