‘Haglike munisipale vullishoop’ kan boere pootjie

2016-05-19 06:00
Die Kouga-munisipaliteit het onderneem om iets aan die ontoereikende Hankey-stortingsterrein te doen.                                               Foto: DEON FERREIRA

Die Kouga-munisipaliteit het onderneem om iets aan die ontoereikende Hankey-stortingsterrein te doen. Foto: DEON FERREIRA

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE vuil, onhigiëniese toestand van die nuwe stortingsterrein buite Hankey kan buitelandse sitruskopers maklik afskrik wanneer hulle hierdie gebied sou besoek, veral omdat uit- voervrugte aan baie hoë internasionale standaarde moet voldoen.

Dit is die mening van Neels Schellingerhout van Schellingerhout Boerdery, een van die gebied se boere wat bekommerd is oor die toestand van die terrein wat só na aan sommige sitrusboorde geleë is.

“Die toestand van die stortingsterrein het sover nie ’n direkte invloed op ons oeste nie, maar wie weet wat vorentoe mag gebeur.

“Ons boorde moet aan streng Global Gap-standaarde voldoen om op die buitelandse markte toegelaat te word,” sê Schellingerhout.

Hy en ander boere wonder nou kliphard wat oorsese kopers sal dink wanneer hulle deur die vallei sou ry en moet sien hoe naby van die boorde aan dié “haglike terrein” geleë is.

“Die vrugte kan maklik ongewenste siektes opdoen,” sê Schellingerhout.

Volgens Laura-Leigh Ran­dall, woordvoerder van die Kouga-munisipaliteit onder wie se beheer die stortingsterrein is, is die stor-tingsterrein nog in aanbou en behoort dit eers teen Desember vanjaar voltooi te wees.

“Die werk behels die oprigting van drie nuwe vullishouers en ’n verdampingsgebied, asook ’n huis vir ’n sekuriteitswag en ’n ablu-sieblok.

“Dit alles vorm deel van die R25 miljoen Kouga vullisbestuur- en herwinningsprojek wat deur die departement van omgewingsake gefinansier word om te verseker dat dit aan standaardvereistes voldoen.

“Die Terex-masjien wat gebruik word om die perseel skoon te hou, het egter onlangs onklaar geraak.

“Ons is intussen besig om te onderhandel dat ’n laaigraaf binne die volgende vyf dae ingebring kan word sodat opruiming van die perseel kan begin,” sê sy.

Randall het onderneem om die klagtes wat oor die vuil toestand ontvang is, intussen aan die verantwoordelike munisipale amptenaar oor te dra sodat die werkers aandag daaraan kan gee.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.