Harry se spogtuin ’n fees vir die oog

2016-11-03 06:00
Vir Harry Gerber kom die liefde vir tuinmaak langer as ses dekades.     Foto: MONIQUE BASSON

Vir Harry Gerber kom die liefde vir tuinmaak langer as ses dekades. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

STAAN lank genoeg met jou oë toe langs die pragtuin van Harry Gerber in Eedenglen Af-tree-oord in Jeffreysbaai, en jy kan jou byna verbeel êrens ritsel ’n guitige wesentjie in die kaleidoskoop van groen en geel.

Dis ’n kolletjie aarde waar verbygangers noodwendig’n oomblik moet verpoos om die prag in te drink.

Die welige groentapyt van verskillende vetplante bestaan danksy ure se harde werk van Harry (87) van Plataanlaan. Vir hom is dit ‘n groot plesier om elke dag deur sy tuin te loop en toe te sien dat alles pluis is met sy geliefde plante, struike en blomme.

Vir Gerber kom die liefde vir tuinmaak al langer as ses dekades. Sy vrou, Minnie Rey- nierse Gerber (81), is sy regterhand in die tuin.

Hy het sowat nege jaar gelede dié tuin aangelê. Dit was nie ’n maklike taak nie. “Hier was nie veel nie,” vertel hy. “Ons het party dae op ons knieë rondgekruip om die tuin op te bou.”

Gerber het hom nie hierdeur laat afskrik nie, maar het stuk-stuk vragte vetplante en klip ingery.

Dit was nie lank voor sy tuin van waterwys-vetplante begin vorm aanneem het nie.

En sy gunsteling vetplant? “Ek het meer as 42 verskillende vetplante in my tuin; hoe kan ek nou net een gunsteling hê?” vra hy. Een van dié spesies is die uitsonderlike Echeveria.

Gerber sê dit is belangrik om mooi met jou plante te praat en hulle te vertroetel - veral as hulle siek is. “En gebruik tenkwater. Die water wat van bo kom, is suiwer en bevat baie meer suurstof as kraanwater.”

’n Veer in sy tuiniershoed is die algehele eerste plek wat hy in vanjaar se Eedenglen Aftree-oord Tuinboukompetisie gewen het. Hy het verlede jaar met die derde plek gespog.

Volgens Gerber kyk die beoordeelaars na die samestelling en gesondheid van plante, die uitleg van die tuin asook die waterverbruik van plante.

Hy sal beslis nie in die afsienbare toekoms sy tuinmakery staak nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.